Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-88
Die kosbare Woord van God: Lukas (1) https://youtu.be/runH01bQfyY
0 Comments
Jacques Tredoux - Nie in Israel nie, maar in Jesus se (kaalvoet) voetspore...
Die profeet Amos spreek die volk van die Here aan omdat hulle arm mense uitbuit, in plaas daarvan om hulle by te staan. Die gevolge is verskriklik – God se oordeel sonder uitkoms! As volgelinge van Jesus, behoort ons ook arm mense by te staan en te help. Nie om God se oordeel vry te spring nie, maar omdat ons dit reeds vrygespring het! Met vanaand se kaalvoetkerk, dink ons saam hoe ons vir Jesus eerder as Israel kan navolg... https://youtu.be/JIg84OUFuBg
Daniël Maritz - God se oorspronklike ontwerp
Ons lewe in 'n tyd waar God se oorspronklike ontwerp van die huwelik gereeld herdefinieer word. Dit sal daarom goed wees om weer 'n slag in diepte na God se ontwerp vir die huwelik te kyk aan die hand van Genesis 1 en 2. Ons gaan ook op hierdie dag juis oor hierdie tema by die Kopkrap sessie met Brooklyn gemeente se jeug stilstaan. https://youtu.be/vHwgqDjNBiQ
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-87
Die kosbare Woord van God: Markus (2) https://youtu.be/E6fk_QUpnGI
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-86
Die kosbare Woord van God: Markus (1) https://youtu.be/8JeC_N9s5P8
Jacques Tredoux - God se vreemde familie
Geslagsregisters en groete boodskappe aan die einde van Paulus se briewe... Dit is twee goed in die Bybel wat meeste mense of oorslaan of net vlugtig oor lees. Dit is ‘n fout. Ons kan nie net baie van die vroeë kerk leer uit Paulus se groete boodskappe nie, maar ook baie oor hoe ons as geloofsfamilie behoort te lyk en met mekaar moet saamleef! https://youtu.be/74O9am0ipmk
Cassie Aucamp - Belofte...vervulling....voleinding
Dikwels ervaar ons hierdie lewe as 'n doellose sirkelgang. Soos die Prediker wat skryf: Wat was sal weer wees; wat gebeur het sal weer gebeur. Die Here openbaar egter aan ons in ons teksverse in die wonderlike hoofstuk, Hebreërs 11: Hy is met hierdie wêreld sinvol op pad. Ons teks leer ons dat sy pad met hierdie wêreld 'n pad is van: *Belofte; *Vervulling; *Voleinding. en dit alles om Jesus Christus wil. https://youtu.be/d4Do-CO7NXQ
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-85
Die kosbare Woord van God: Matteus (4) https://youtu.be/bn1PSPAC3CY
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-84
Die kosbare Woord van God: Matteus (3) https://youtu.be/5tS4EJgn_KE
Christiaan Swanepoel - In Jesus begin ’n nuwe era sodat ons in ’n nuwe verhouding...
In Jesus begin ’n nuwe era sodat ons in ’n nuwe verhouding met ons Vader kan leef. ------ Ons het drie naweke terug die kruis, dood en opstanding van Jesus herdenk. Tog moet ons besef dat die Christelike geloof staan of val met die opstanding van Jesus. Ons Here het die dood oorwin. Die straf van die dood, die ou era van die Wet is vervang met ’n nuwe era van vreugde en lewe, want Jesus het werklik opgestaan. Die hoop van die Ou-Testamentiese Skrifte en die hoop vir God se kinders word nie gevind in die ou week van die Wet nie, maar in die nuwe week van die Evangelie. In Jesus begin ’n nuwe era sodat ons in ’n nuwe verhouding met ons Vader kan leef. https://youtu.be/F6V3TFoHoRI |
Argief
February 2024
KATEGORIE |