Tobie Meyer - Die beste ding wat ons vir Pretoria kan doen (Aanddiens)
Verlede week het ons gesien wat die kerk is, en wat sy taak en boodskap is. Vandag sien ons wat die rol van nuwe kerke is in die uitvoering van hierdie taak, en hoe die Here bestaande kerke (soos ons) moontlik kan gebruik. Die verassing is dat nog kerke, selfs in ‘n stad soos Pretoria, goed is, en goed is selfs vir die bestaande kerke! https://www.youtube.com/watch?v=EnwLf-7k_3Y
0 Comments
Tobie Meyer - Die beste ding wat ons vir Pretoria kan doen (Oggenddiens)
Verlede week het ons gesien wat die kerk is, en wat sy taak en boodskap is. Vandag sien ons wat die rol van nuwe kerke is in die uitvoering van hierdie taak, en hoe die Here bestaande kerke (soos ons) moontlik kan gebruik. Die verassing is dat nog kerke, selfs in ‘n stad soos Pretoria, goed is, en goed is selfs vir die bestaande kerke! https://www.youtube.com/watch?v=D5z8f6UVWnI
Ammie Pelzer - Johannes se boodskap– die koms van die ware Lig en Lewe na hierdie wêreld.
1. Jesus gee lig vir ons donker sondige wêreld; 2. Hy bring lewe in ‘n wêreld wat dood was in sonde; 3. Ons moet die boodskap verder dra en sy lig laat uitstraal. Wees weer met hierdie feestyd waar Jesus op aarde was vervul met verwondering God gee lig – vir die laaste maal. En die lig kan nie uitgedoof word nie. Getuig van die lig deur self lig te wees. Doen dit getrou, totdat die ware Lig weer kom. Dan sal dit nie meer nag wees nie. Dan het ons nie die lig van ‘n lamp en die lig van die son meer nodig nie, omdat die Here God ons sal verlig…en die Lam is sy lamp. https://www.youtube.com/watch?v=32fSQ47F1yY
Jacques Tredoux - Die hoop na die stad
Verlede week het ons gesien dat Jesus se lewe, dood en opstanding die enigste hoop vir ons stad is. Die vraag is nou, hoe kom hierdie hoop by die stad uit? Vandag sien ons dat God ‘n baie spesifieke plan het om sy hoop na die stad te bring. Die groot wonder is dat ek en jy deel is van hierdie plan! https://www.youtube.com/watch?v=39ClBK9sVD8
Jacques Tredoux - Die hoop vir die stad
In die tweede kwartaal gaan ons kyk na wat die ware hoop vir ons stad is. Meeste mense wil graag ‘n verskil in die wêreld maak. Daar is natuurlik baie maniere om dit te doen, maar die strategie wat die Bybel ons leer, is ‘n strategie wat minder met ons te doen het en meer met Jesus... https://www.youtube.com/watch?v=oywNgmH-Vz4
Fanie van der Schyff - Christus is ons Hoop
In hierdie lewe van ballingskap is Christus ons enigste Hoop op die nuwe lewe. Hy is die 'Brug' tussen Babel en die Nuwe jerusalem. Ons glo in Hom as gekruisigde en opgestane Here. https://www.youtube.com/watch?v=XH4Q2ETqRpk
Jacques Tredoux - Die betekenis van Jesus se opstanding
Vanoggend het ons gesien dat die opstanding van Jesus die hele wêreld verander het en nogsteeds doen. Vanaand sien ons dat Jesus se opstanding ook vir my en jou persoonlik ‘n wonderlike betekenis het. Dit is die waarborg wat maak dat ons met hoop en verwagting kan leef! https://youtu.be/gwtz55puhik
Jacques Tredoux - Gestuur met vrede en blydskap
Paassondag, die dag wat Jesus opgestaan het, is die dag wat alles verander het! Dit is die dag wat die grootste “beweging” van alle tye begin het – die kerk van Jesus! Hier is ‘n klein groepie bang dissipels bymekaar, maar hulle word uitgestuur met Jesus se vrede en blydskap! Hierdie onverwagse groepie mense verander letterlik die wêreld, net soos die kerk vandag nog kan doen... https://youtu.be/8XSDZEr3y0o
Jacques Tredoux - Uitgegaan om ons in te bring
Jesus moes uit die stad uitgaan en buite die stadspoorte ly... Hy was nie deur die leiers en die elite werd geag om binne die stad te wees nie. Saam misdadigers is Hy verwerp. Tog is dit op 'n wonderbaarlike manier presies wat moes gebeur sodat ek en jy ingebring kan word!In die ware stad van God, die ewige Jerusalem. Nou word ons geroep om soos Jesus ook ander in te bring... https://youtu.be/1WOgh6xJXs4
Jacques Tredoux - Uitgegaan om ons in te bring
Jesus moes uit die stad uitgaan en buite die stadspoorte ly... Hy was nie deur die leiers en die elite werd geag om binne die stad te wees nie. Saam misdadigers is Hy verwerp. Tog is dit op 'n wonderbaarlike manier presies wat moes gebeur sodat ek en jy ingebring kan word!In die ware stad van God, die ewige Jerusalem. Nou word ons geroep om soos Jesus ook ander in te bring... https://youtu.be/wJa1feI20zI |
Argief
February 2024
KATEGORIE |