Jacques Tredoux - Die story van geloofsfamilie - Kerssangdiens 2023
1. Die volmaakte familie: God Drie-enig as ‘n volmaakte familie wat in Homself volmaakte liefde uitleef 2. God maak ons deel van sy volmaakte familie God kies om te skep en dat die hele skepping sy glorie uitstraal. Die mens word as kroon van God se skepping op ‘n besonderse manier deel van God se volmaakte familie 3. Die mens breek weg van God se familie Die sondeval en wat daarop volg is die mense se opstand teen God se familie. Ons wil ons eie familie wees sonder die volmaakte God. Swaarkry, hartseer en dood is die gevolg... 4. God stuur sy Seun om ons te kom haal! Hoewel die mens van God af weghardloop, kom God in hierdie wêreld in om ons te kom haal. Nie met mag, krag, oorlog en geweld nie, maar deur ‘n weerlose baba wat uiteindelik ‘n vernederende dood aan ‘n kruis sterf. Hierin lê ook die oorwinning en die begin van ‘n nuwe geloofsfamilie gebou op die fondament van Christus! 5. Die volmaakte familie tot in ewigheid! Die oorwinning van Jesus is nog bitter soet – ons is reeds met ons Hemelse Vader in ‘n familie herenig, maar sien nog uit om ten volle by Hom te wees! Die oorwinningsfees van die wederkoms wat kom is ons hoop en verwagting! https://youtu.be/48viUJ3Rgqg
0 Comments
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-119
Die kosbare Woord van God: Jakobus (2) https://youtu.be/jF-eI2mT_qU
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-118
Die kosbare Woord van God: Jakobus https://youtu.be/eWpAz2I_98I
Jacques Tredoux - ‘n Nuwe betekenis aan ‘n baie ou teken
Wat het die tiende plaag, die laaste Paasmaal en vanaand se Nagmaal met mekaar in gemeen? Kan drie gebeure wat soveel duisende jare uit mekaar gebeur werklik iets in gemeen hê? Natuurlik! Alles gaan oor een Koning! Alles gaan oor een Verlosser! Alles gaan oor hoe ons nuwe lewe kry, al is dit ‘n baie ou teken... https://youtu.be/9WDgb3Ssk8s
Theunis Potgieter - Ons Paaslam laat ons feesvier!
Die Here het ons in ons sondes verbygegaan. Pasga beteken juis dit: "om verby te gaan". God het die Jode gespaar terwyl die Egiptenare met die dood getref is. Einde;lik red Hy hulle uit die slawehuis van Egipte. Nou kom Jesus, en Hy stel die nagmaal in op die Paasfees om vir ons te wys Hy is ons Paaslam wat ons verby die sonde en dood laat gaan het Hy red ons vir altyd van die slawehuis van die sonde. Ons het ons lewe aan die Paaslam Christus te danke. Dis juis wat die nagmaal ons leer. https://youtu.be/ZEFgMg9ZG1g |
Argief
February 2024
KATEGORIE |