Wie is Juventus?
Juventus is al die studente en jongwerkendes in Gereformeerde Kerk Brooklyn, dit sluit jou waarskynlik ook in! Die Juventusbestuur is ‘n groep toegewyde studente wat die aktiwiteite en aksies reël. Almal is welkom om deel te neem... dis altyd baie lekker ;)
Die doel van Juventus is om vir alle studente die geleentheid te skep om geloofsvriende te maak saam met wie hulle lekker kan kuier en ook ‘n vertrouensband kan vorm. Om aksies en ‘n atmosfeer te skep vir geloofsgroei en om jou te help om elke dag jou verhouding met God te versterk. Juventus is inderdaad die hartklop van Brooklyn!
Die doel van Juventus is om vir alle studente die geleentheid te skep om geloofsvriende te maak saam met wie hulle lekker kan kuier en ook ‘n vertrouensband kan vorm. Om aksies en ‘n atmosfeer te skep vir geloofsgroei en om jou te help om elke dag jou verhouding met God te versterk. Juventus is inderdaad die hartklop van Brooklyn!
Kampe:
Uitreike:
Nog baie ander:Verder het ons jaarliks ‘n Juventusdinee en Informal en kwartaalliks ‘n Juventusbraai, en ons nooi almal uit daarna.
Ons studente kom ook elke Sondag aand na kerk in die saal bymekaar, waar ons soms gereëlde aktiwiteite het en soms net lekker koffie drink en kuier. Ons het baie pret, van kaskar wedrenne tot quiz nights, kom saam, word betrokke, en word deel van die Juventus familie! |
Juventus bestuur 2022/23:Corné Nel (Voorsitter)
Karli Snyman (Ondervoorsitter, Visiekamp, Mootkamp) Marike Muller (Administrasie) Suné Jooste (Finansies) Sarina du Plessis (Informal, Dinee, Damestudente) Willem Kurpershoek (Lofprysing, Braai) Marelie Prinsloo (Uitreike) Simeon Oberholzer (Bemarking, Verwelkoming, Manstudente) Nicola Wakeford (Bemarking, Verwelkoming, Oppi-stoep-gemeentes) Armandt Pelser (Eerstejaarskamp, Blykansie, Dopperspele) Waldo Krige (Diensgroepleier) |
As jy nog meer inligting wil hê: |
Kan jy die vorm aan die onderkant invul en ons sal terug kom na jou toe. Jy kan vir ons ‘n epos stuur na [email protected] en ons sal jou so vinnig as moontlik terugkontak.Jy kan Sondagaand met ons kom praat rondom die koffie tafel. Of nader een van die Juventusbestuurslede en hulle sal met die grootste graagte help.
|
Hoe kan jy help of meer betrokke raak:Ons vra asseblief dat almal voorbidding sal doen vir die werk wat ons doen, en vir die studente wat God oor ons pad stuur.
Verder wil ons baie graag hê jy moet betrokke raak. Kom kuier Sondagaand na die erediens saam met ons om ‘n koppie koffie. Kom woon een van ons aksies, kampe of uitreike by. Ons wil jou graag deel maak van die familie! |
|
Volg ons op Sosiale Media:
JUVENTUS GK BROOKLYN |
JUVENTUS STUDENTE |