Baie welkom by Brooklyn-gemeente!
Ons leef in ’n tyd waarin daar om elke hoek en draai ’n kerk is, elk met eie oortuigings, standpunte en sienings oor die Bybel en Christenskap. Selfs binne die gereformeerde tradisie en nog nouer binne die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) is daar verskille onder mekaar. Daarom het ons dit goedgedink om kortliks ons standpunte te stel oor sekere sake wat verwarring kan skep.
Ons gee hier slegs ’n opsomming met verwysings na meer omvattende dokumente waar ons standpunte beredeneer word. (Daar word gewerk aan ’n dokument waar al die inligting waarna hier verwys word in een dokument saamgevoeg is. Dit sal binnekort beskikbaar wees.)
Dit is ons bede dat hierdie inligtingstuk ’n getuienis sal wees van wat ons glo en ook vir die leser duidelikheid sal gee oor ons posisie oor brandende sake.
Mag God ook hierdeur alle eer ontvang – Soli Deo Gloria!

Identiteit & Standpunte
Die Bybel en ons roeping
Ons glo en bely in Brooklyn-gemeente dat die leer van die Ou en Nuwe Testament, wat in die artikels van die Christelike geloof vervat is, en in die Christelike kerk hier geleer word, die ware en volkome leer van ons saligheid is. Ons glo ook onvoorwaardelik dat ons Here Christus Hoof van sy kerk is! Dit is Hy wat uitkies, roep, versamel, toerus en uitstuur as sy dissipels. “Uit Hom, deur Hom en tot Hom is alle dinge, aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid. Amen” (Romeine 11:36). Dat jy deel is van Brooklyn se geloofsfamilie is dus nie uit jouself nie, al mag jy dalk dink dit was jou eie besluit. Ons glo dat elkeen van ons deur ons Here self geroep is om hier te mag aanbid en te dien.
Ons glo dat dit ons roeping is om in Brooklyn en vanuit Brooklyn:
Lees meer hieroor:

- ons Here God bo alles en in alles te eer;
- ons naaste in liefde te dien;
- dissipels vir ons Here te maak.
Lees meer hieroor:
- Dokument binnekort beskikbaar
Wat ons glo van Christen-wees
As deel van die historiese Christelike geloof is ons in Brooklyn-gemeente eerstens blote Christene voor enigiets anders. Ons erken daarom dat die Christelike geloof nie eers met die 16de-eeuse Reformasie begin het nie. Ons is deel van die breër Christendom wat binne die eerste vyf eeue ná die lewe van Jesus Christus op aarde leerstellig gevestig is. Daarom onderskryf ons eerstens en hoofsaaklik die Algemene Geloofsbelydenisse wat ons as Christene definieer. Hierdie geloofsbelydenisse sluit die volgende in:
Bogenoemde is waarhede (belydenisse vanuit die Woord van God) wat ons met alle Christene regoor die wêreld in gemeen het en daarom som dit die fundamentele en algemene Christelike geloof vir ons op.
- die Apostoliese Geloofsbelydenis;
- die Geloofsbelydenis van Nicéa;
- die Geloofsbelydenis van Atanasius.
Bogenoemde is waarhede (belydenisse vanuit die Woord van God) wat ons met alle Christene regoor die wêreld in gemeen het en daarom som dit die fundamentele en algemene Christelike geloof vir ons op.
Ons standpunt oor gereformeerd-wees
As deel van die GKSA staan Brooklyn-gemeente binne die gereformeerde tradisie van kerke. Dit is ons oortuiging dat die gereformeerde teologie, Skrifbeskouing en beginsels ’n goeie en getroue weergawe is van wat ons in God se Woord leer.
Ons vereenselwig ons van ganser harte met die bekende vyf solas van die Reformasie:
Ons glo dat die gereformeerde teologie meer spesifiek uitdrukking vind in die Drie Formuliere van Eenheid: die Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en Dordtse Leerreëls. Ons aanvaar hierdie geskrifte as deel van ons belydenisskrifte.
Ons erken egter dat hierdie geskrifte nie dieselfde gesag as die Bybel dra nie en dat daar, selfs binne die gereformeerde tradisie, verskillende interpretasies van hierdie geskrifte bestaan.

- Sola Scriptura: die Skrif alleen;
- Sola Fide: geloof alleen;
- Sola Gracia: genade alleen;
- Sola Christi: Christus alleen;
- Soli Deo Gloria: aan God alleen die eer.
Ons glo dat die gereformeerde teologie meer spesifiek uitdrukking vind in die Drie Formuliere van Eenheid: die Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en Dordtse Leerreëls. Ons aanvaar hierdie geskrifte as deel van ons belydenisskrifte.
Ons erken egter dat hierdie geskrifte nie dieselfde gesag as die Bybel dra nie en dat daar, selfs binne die gereformeerde tradisie, verskillende interpretasies van hierdie geskrifte bestaan.
Funksionering van ampte
Ons glo dat Jesus Christus die enigste Hoof van die kerk is en dat daar geen hiërargie binne die kerk van Christus behoort te wees nie. Christus skenk al die nodige genadegawes vir sy kerk sodat die liggaam homself in liefde kan opbou (Efesiërs 4). Die belangrikste amp is dus die amp van die gelowige, wat elke lidmaat in die gemeente insluit. In navolging van Jesus Christus is elke lidmaat profeet, priester en koning (Heidelbergse Kategismus Sondag 12).
Verder is dit vanuit die Nuwe Testament duidelik dat God ook ouderlinge en diakens daarstel vir die funksionering van sy kerk. In Brooklyn-gemeente funksioneer die ouderlinge as blok-ouderlinge en bedieningspan-ouderlinge. Die diakens funksioneer as diensgroepleiers, groeigroepleiers en wyksleiers.

Tentmaker-bediening
Ons glo dat die sogenaamde tentmaker-bediening ’n Bybelse begronding het. Die term tentmaker kom juis uit die Nuwe Testament. Ons vind dit in Handelinge 18:3. Die konteks van Handelinge 18 behels dat Paulus, nadat hy in Handelinge 17 op die Areopagus die evangelie aan die Grieke in Atene verkondig het, na Korinte toe gegaan het. Toe hy in Korinte aangekom het, het hy Akwila en sy vrou, Priscilla, daar ontmoet. Hulle was Jode wat Rome moes verlaat in opdrag van keiser Claudius en daarom het hierdie egpaar hulle in Korinte gaan vestig.
In Handelinge 18:2-4 lees ons dan vervolgens:
Paulus het hulle gaan opsoek, en omdat hulle net soos hy tentmakers van beroep was, het hy by hulle ingetrek en saam met hulle gewerk. Maar elke sabbatdag het hy in die sinagoge met die mense geredeneer en Jode en Grieke probeer oortuig.
Paulus, Akwila en Priscilla was dus tentmakers gewees. Dit beteken dat hulle ’n ambag (die maak van tente) bedryf het terwyl hulle ook die evangelie bedien en verkondig het. Die feit dat hulle tentmakers was, beteken dat hulle nooit op enige plaaslike kerk in Korinte gesteun het vir finansiële ondersteuning nie.
By ons, in Brooklyn-gemeente, glo ons dat daar ruimte is vir tentmaker-bediening in die praktyk en daarom maak ons ook met vrymoedigheid én die nodige versigtigheid ruimte daarvoor.

Vrou in die amp
Die kerkraad het oor ’n baie lang tydperk hierdie saak biddend en indringend behandel. Die uiteindelike besluit en standpunt rakende hierdie saak is dat Brooklyn ten gunste van die vrou in die amp is (die amp van diaken sowel as dié van ouderling), maar dat ons uit respek vir die gemene akkoord binne die GKSA nie vroue in die ouderlingsamp bevestig nie. Vroue kan wel as diakens in Brooklyn-gemeente dien.
Die gawegedrewe bedieningstruktuur van Brooklyn-gemeente maak dit wel moontlik vir vroue in die gemeente om kosbare dienswerk in die kerk en koninkryk van ons Here te verrig. In die praktyk beteken dit dat vroue by alle dienswerk van die gemeente betrokke kan wees, met die uitsondering van die amp van ouderling.
Lees meer hieroor:
Die gawegedrewe bedieningstruktuur van Brooklyn-gemeente maak dit wel moontlik vir vroue in die gemeente om kosbare dienswerk in die kerk en koninkryk van ons Here te verrig. In die praktyk beteken dit dat vroue by alle dienswerk van die gemeente betrokke kan wees, met die uitsondering van die amp van ouderling.
Lees meer hieroor:
- Dokument binnekort beskikbaar
Lidmaatskap
Wat lidmaatskap betref, werk ons by Brooklyn-gemeente met die konsep van Vreemdelinge > Vriende > Familie:
Vreemdelinge: Die Here roep ons om die evangelie uit te dra aan alle volke, nasies en tale. Ons besef daar is baie “vreemdelinge” rondom ons wat nie die evangelie ken en/of aanvaar nie. Ons wil graag hierdie mense intrek om ons vriende te word.
Vriende: Ons strewe daarna dat enigiemand welkom by ons voel wanneer hulle eredienste bywoon, op YouTube inskakel of saam met ’n vriend ’n groeigroep of aksie bywoon. Nuwe intrekkers, besoekers en belangstellendes is nie meer vreemdelinge nie, maar vriende. Alle vriende deel nie noodwendig ons oortuigings nie en dit is ook reg so. Tog is alle vreemdelinge en vriende altyd welkom om by ons aktiwiteite in te skakel.
Familie: Dit is ons hoop dat vreemdelinge sal groei tot vriende en vriende sal groei tot familie. As geloofsfamilie deel ons ’n sekere stel oortuigings, ons leef ons geloof op ’n bepaalde manier uit en ons het ’n unieke spiritualiteit. Enigiemand wat hiermee gemaklik is, is welkom om deel te word van ons geloofsfamilie.
Twee keer per jaar bied ons *Beginpunt aan, wat die wegspringplek is vir jou inskakeling by ons geloofsfamilie. Dit is ’n vier-weke-kursus waar jy kan leer van ons oortuigings, spiritualiteit en hoe ons dit uitleef. Ons versoek alle nuwe intrekkers om dit by te woon.
*Beginpunt: Ons besef dat die eens goeie gebruik van ’n attestaat oor die algemeen so ontwikkel het dat dit vandag hoofsaaklik administratiewe waarde het. Daarom is Beginpunt die primêre toegangspunt na ons geloofsfamilie, hoewel ons steeds attestate ontvang en aanstuur.

Musiek-bediening
Brooklyn-gemeente is geseënd met besondere musiekgawes wat die Here aan ons geskenk het. Ons glo vas dat dit ’n kerndeel van aanbidding is om “psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God” te sing, soos die Here ons in Kolossense 3 leer.
Ons oggenddienste het ’n meer klassieke inslag met die orrel en soms ander klassieke instrumente. Die aanddienste het ’n klassiek-kontemporêre inslag waar ons ’n orkes saam met die klavier en orrel inspan. Ons sing ’n wye verskeidenheid liedere wat psalms, Skrifberymings en ander geestelike liedere insluit. Ons glo dat wat ons sing in ooreenstemming met God se Woord moet wees en daarom word dit wat ons sing aan ’n spesifieke raamwerk getoets.

Nagmaal
Ons glo dat enige belydende lidmaat van enige ware Christelike kerk, wat in diepe berou hom/haar voor God verootmoedig oor sy/haar sonde, wat die vaste belofte glo dat sy/haar sonde alleen op grond van die soenverdienste van Christus vergewe is, en wat die opregte begeerte het om sy/haar hele lewe lank dank aan God te bewys, welkom is om saam met Brooklyn nagmaal te vier.
Ons bedien nagmaal kwartaalliks en ook tydens Paasfees en Hemelvaart. Ons bedien nagmaal aan tafel en in die banke. Ons gebruik die beker en kelkies. Ons verskaf druiwesap in kelkies vir diegene wat dit om mediese redes so moet gebruik.
Saam glo en bely ons dat die teken van brood heenwys na die liggaam van ons Here Jesus Christus wat gebreek is tot volkome versoening van al ons sondes en dat die teken van wyn heenwys na die kosbare bloed van ons Here wat vergiet is tot volkome versoening van al ons sondes.

Doop
As deel van ons Gereformeerde grondslag, glo ons dat die doop ‘n teken is van God se verbond met sy kinders. Die doop is dus primêr ’n teken van God se beloftes aan die dopeling, waarmee sy/haar verbondenheid aan die huisgesin van God beseël word.
Hierdie teken word bedien aan die volgende mense:
Aangesien die gemeente medeverantwoordelikheid neem vir die kinders wat gedoop word, glo ons dat die ideaal is dat ouers hul kinders laat doop in en voor die geloofsgemeenskap waar hulle inskakel. Ons moedig ook almal aan om dit só te doen.
Ons erken egter ook dat die doop ’n mooi getuienis is van hoe God deur geslagte heen werk en die behoefte om hierdie geleentheid saam met familie te vier bestaan by baie mense. Daarom gebeur dit van tyd tot tyd dat ouers wat nie by ons gemeente ingeskakel is nie, ons versoek om hul kinders in ons erediens te laat doop. Indien ons oortuig is dat die ouers gelowiges is en wel by ’n geloofsgemeenskap wat ons oortuigings deel, inskakel, word so ’n versoek toegestaan.

- iemand wat nie gedoop is nie, as volwassene tot bekering gekom het en dan deel van die huisgesin van God word;
- kinders van gelowige ouers wat in die huisgesin van God gebore word.
Aangesien die gemeente medeverantwoordelikheid neem vir die kinders wat gedoop word, glo ons dat die ideaal is dat ouers hul kinders laat doop in en voor die geloofsgemeenskap waar hulle inskakel. Ons moedig ook almal aan om dit só te doen.
Ons erken egter ook dat die doop ’n mooi getuienis is van hoe God deur geslagte heen werk en die behoefte om hierdie geleentheid saam met familie te vier bestaan by baie mense. Daarom gebeur dit van tyd tot tyd dat ouers wat nie by ons gemeente ingeskakel is nie, ons versoek om hul kinders in ons erediens te laat doop. Indien ons oortuig is dat die ouers gelowiges is en wel by ’n geloofsgemeenskap wat ons oortuigings deel, inskakel, word so ’n versoek toegestaan.
E-bediening
Sedert 2014 het ons die landskap van e-bediening betree met regstreekse uitsendings van ons eredienste. Ons glo dat die Here ook die tegnologie tot ons beskikking gestel het om tot uitbou en opbou van sy koninkryk aan te wend.
E-bediening is ’n dinamiese konsep wat heeltyd aan die verander is. Dit het veral ’n nuwe wending geneem met die Covid-19-pandemie. By Brooklyn-gemeente is ons voortdurend besig om na maniere en geleenthede te soek om die e-bediening op so ’n manier te hanteer dat ons getrou bly aan wat die Here ons leer kerk behoort te wees. Tog wil ons terselfdertyd bybly met die nuutste tendense in e-bediening om relevant vir die samelewing te wees.

Kerkplanting
Ons glo dat die proses van kerkplanting ’n fundamentele rol speel in Brooklyn-gemeente se kerkwees en ons roeping om die evangelie uit te dra. Kerkplanting as ’n term vind sy oorsprong in Paulus se taalgebruik in 1 Korintiërs 3:6: “Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het.” Die term kerkplanting beklemtoon verder ook die Bybelse gedagte dat God in sy soewereiniteit mense as instrumente in sy koninkryk gebruik om sy kerk te laat groei en uitbrei.
Kerkplanting is nie ’n nuwe soort bediening nie. Inteendeel, ons lees in Handelinge hoe Paulus en Barnabas die evangelie op verskeie plekke gaan verkondig het en dat mense daar tot geloof gekom het. Hulle het verder in hierdie gemeenskappe die gelowiges versterk en aangespoor om getrou te bly in die geloof. Hulle het ook ouderlinge aangestel om toesig te hou (Handelinge 14:21-23).
Die proses van kerkplanting poog dus om hierdie model ernstig op te neem en in die praktyk toe te pas. By Brooklyn-gemeente ag ons dus kerkplanting as een van die maniere waarop ons as Jesus Christus se kerk ook getrou kan wees aan die groot sendingopdrag:
Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.
Brooklyn-gemeente is reeds die laaste paar jaar betrokke by bepaalde kerkplantings en beoog om ook in die toekoms aan te hou met hierdie belangrike taak.

Apologetiek
Dit is geen geheim nie dat ons Christelike geloof op verskeie vlakke van die samelewing uitgedaag word. By Brooklyn-gemeente maak ons daarom erns met die veld van apologetiek. Apologetiek is ’n dissipline wat op Skrifgedeeltes soos 1 Petrus 3:15, 2 Korintiërs 10:4-5, Titus 1:9 en Judas 1:3 gegrond is. In Handelinge 17:16-34 is Paulus byvoorbeeld besig met niks anders as goeie apologetiek nie. 1 Petrus 3:15 verwoord die taak van apologetiek seker die beste. In die frase, “wees altyd gereed om ’n antwoord te gee”, word die Griekse woord apologia, waarvan apologetiek afgelei is, gebruik. Die fokus van apologetiek is dus om ons Christelike geloof teen aanvalle te verdedig en te wys dat die Christelike geloof die beste antwoorde bied op al die lewensvrae. Dit gaan ook altyd hand aan hand met evangelisasie.
Apologetiek bied die vaardighede om met iemand van enige geloofsoortuiging ’n produktiewe en sinvolle gesprek te kan hê en om die historiese, filosofiese en wetenskaplike bewyse van die Christelike geloof aan so iemand voor te lê. In die praktyk van Brooklyn-gemeente vind die bogenoemde beginsels neerslag in ons betrokkenheid by ’n bediening met die naam Ratio Christi. Dit is ’n studente-bediening wat Christen-studente juis op ’n weeklikse basis apologeties toerus.

Seksualiteit
By Brooklyn-gemeente glo ons dat die huwelik deur God self in Genesis 2:21-25 ingestel is. Hy het dit so ingestel en ontwerp dat dit tussen een man en een vrou moet plaasvind. Jesus herhaal ook in die Nuwe Testament God se woorde in Genesis waarmee Hy die huwelik ingestel het (Matteus 19:5; Markus 10:6). Ons erken daarom dat die huwelik deur God self ingestel is, die mees basiese boublok van die samelewing is en dat dit ’n eksklusiewe instelling vir seksuele intimiteit is.
Verassing
In die lig van die feit dat kremasie nie direk in die Skrif en belydenis verbied word nie en
gevolglik ook nie ‘n wesentlike saak is wat ons as Christene se Opstandingsgeloof raak
nie, word teraardebestelling sowel as verassing (kremasie) as geldige wyse van begrafnis erken. Brooklyn het ook in beginsel die oprigting van ’n gedenkmuur vir nisse goedgekeur. Die predikante mag ook families van afgestorwenes buite die GKSA-kerkverband bystaan op versoek.
Lees meer hieroor:
GKB_Begrafnis teenoor Verassing