Brooklyn-gemeente
  • Tuis
  • Wie is ons
  • Ek is Nuut
  • Leef Saam
  • Dien Saam
    • Administrasie >
      • Eiendomme
      • Finansies
      • Projekte
    • Aanbidding >
      • Erediens
      • Erediens Logistiek
      • Gebed
      • Musiek
      • Tegnies
    • Jeug >
      • Juventus
      • Katkisasie
      • Kleuterbediening
    • Toerusting >
      • Leer & Lewe
      • Groeigroepe
      • Ratio Christi
      • Midweekboodskap
    • Evangelisasie >
      • Kerkplant
      • Reformissio
      • Uitreike
      • El Shaddai Swazi
    • Meelewing >
      • Agapé
      • Barmhartigheid
      • Werksoekers
      • Begrafnis
      • Kosbank
      • Lief en Leed
  • Preke
    • Regstreekse uitsending
    • YouTube
    • Nuutste Preke (MP3)
    • Preek Argief (MP3)
  • Inligting
    • Dra by
    • Attestate
    • Kommunikasie >
      • Kommunikasiebeleid
      • Hart & Hand
      • Kerkkalender
    • Personeel
  • Kontak ons
    • Liturgie
    • Regstreekse uitsending
    • Afkondigings
    • Barmhartigheid
    • Verslae

Baie welkom b​y ons!

Eredienstye:

Duxburyweg:     09:30 en 18:30
Adres: Duxburyweg 174, Hillcrest

Kyk op die tuisblad vir nuutste Covid 19 protokol aangaande eredienste.

Bekyk roetekaart

Wie is ons?

Jesus Christus is Here en Koning van Brooklyn-gemeente ... hierdie kerk behoort aan Hom alleen en Hy alleen regeer oor ons. Hy het jou hierheen gelei om deel te wees van hierdie geloofsgemeenskap. Hy gee gawes. Hy stimuleer tot diens. Hy vertroos en gee nuwe krag. Hy lei ons tot eerbetoon. Baie welkom hier by ons.

Ons in Brooklyn-gemeente wil gehoorsaam wees aan ons roeping na binne en buite. Ons het diep onder die besef gekom dat ons nie hier in Brooklyn-gemeente is ter wille van onsself nie. Ons is geroep om God te eer, Hom en mekaar te dien en dissipels van Jesus te maak ... oral, altyd! 
​
Om aan hierdie roeping gehoorsaam te wees, moet onsvanuit die enkele belydenis leef:

Waarmee ons besig is:

Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge (Romeine 11:36):
  • Uit Hom:
    Uit Hom is alle dinge ...  daarom eer ons Hom. 
  • Deur Hom:
    Deur Hom wat in ons werk, word ons in staat gestel om mekaar en ander te dien.
  • Tot Hom:
    Tot Hom is alle dinge ... daarom maak ons dissipels van Jesus, wat God eer, ander dien en ander weer dissipels maak.
Mag jy met hierdie belydenis die grootheid van ons Here beleef en met vrymoedigheid dit met ander deel.

Samestelling en funksionering van die gemeente

Die gemeente bestaan uit sowat 890 lidmate waarvan omtrent 580 gesinslidmate en enkellopendes, 160 studente en 150 ouer lidmate is. Die ouer lidmate bly hoofsaaklik in die Residentia Stigting in Troyestraat. 

Ons diverse eredienste is geleenthede waar ons saam die lewende God en mekaar ontmoet in aanbidding en deur Sy Woord en Gees aangeraak weggaan! Die oggenderedienste by Duxburyweg sowel as by Troyestraat word op ’n meer tradisionele Afrikaanse manier aangebied. Die aanderedienste by Duxburyweg is in Afrikaans en meer eietyds. 

Met so baie mense en groot diversiteit in die gemeente is die groeigroepe die geleentheid waar jy opregte verhoudings met ander gelowiges kan smee om sodoende groei en ondersteuning te ervaar. Daar is reeds ’n groot aantal groepe waarby jy kan inskakel. Wil jy ook in 'n groeigroep wees? Gaan na die Groeigroepe bladsy vir meer inligting. 

​Ons glo verder dat die Here alle Christene in die bediening wil gebruik en dat almal daarom in die bediening kan staan. Hiervoor is daar baie geleenthede binne ons diensgroepe.

    Ek wil graag betrokke raak by die gemeente.

Stuur

Bekyk ons verskillende bedienings:

Werk Saam (Administrasie)
Kniel Saam (Aanbidding)
Leer Saam (Jeug)
Leer Saam (Toerusting)
Dien Saam (Evangelisasie)
Dien Saam (Omgee)

Groeperings in die gemeente

Studente

Die bediening van die groot aantal studente en jongwerkendes in ons gemeente is vir ons baie belangrik. Met die Universiteit van Pretoria en ander hoëronderwysinstellings in die omgewing is hier baie studente wat by ons tuiskom. Ons help hierdie jongmense om as dissipels van Jesus in opregte verhouding met mekaar deur die Evangelie sin te kan maak van die wêreld waarin hulle lewe.
Ons bied baie kuier- en ontspanningsgeleenthede, maar ons gesels ook oor die moeilike vrae van die lewe met ons apologetiek-bediening (Ratio Chrsiti).

Die studente is betrokke by verskeie plekke in Pretoria waar hulp en liefde nodig is en vind nabye geloofverhoudings in Groeigroepe. Ons aand-erediens word so ingeklee dat enige jongmens van enige agtergrond tuis kan voel.
​

Juventus Studenteorganisasie
Die studente reël hulle eie bedrywighede  en staan as Juventus bekend. Ons groei geestelik saam, kuier lekker, reël kampe, uitreike en nog baie ander dinge. As jy ’n student is en ’n goeie gebalanseerde geestelike en sosiale lewe wil hê, is Juventus net die plek! 

Volwassenes & Jong gesinne

Daar is heelwat  jong volwassenes wat hul loopbane in Pretoria begin. Ons wil hulle bedien. Hierdie groep reël baie van hulle aktiwiteite self. Hulle probeer onder andere om geleenthede te reël waar jong-werkendes lewensvaardighede by die ouer gardes in die gemeente kan leer. Daar is heelwat jong-werkende groeigroepe waarby jy kan aansluit.

Ouers met kinders op skool

Kindererediensbegeleiding
Kleuters van 3-6 jaar, sowel as kinders van 6-9 jaar ontvang begeleiding tydens die oggend-erediens.
​
Katkisasie
Daar word tydens die skoolkwartale katkisasie aangebied vir skoolkinders van alle ouderdomme. Ons maak gebruik van die Odos kirrikulum. 
Huisgeloof
By Brooklyn het ons 'n bediening gemik op gesinne, wat fokus daarop om ouers toe te rus vir die uitdagings om kinders groot te maak in vandag se tyd.Daar word soms sprekers gereël wat op spesifieke ouderdomsgroepe fokus.  
Wat amper meer waardevol as dit is, is om die ondersteuning van mede-gelowiges te ontvang - wat in dieselfde situasies as jy is.

Individue wat nie meer kinders in die huis het nie

Picture

Senior lidmate - Uitgetree en Afgetree

60 Plussers 
Almal wat bietjie vroeër in die vorige eeu gebore is, kuier gereeld saam, besoek interessante plekke en onderneem allerlei projekte.

Susan Strijdom diensgroep 
Die diensgroep poog om die inwoners van Susan Strijdomtehuis gereeld te besoek. Een Sondag per maand word daar hulp verleen tydens die erediens. Kan jy 'n paar minute per week hiervoor afstaan? Is dit waar die Here jou roep?

Karmel diensgroep 
Inwoners van Karmel word deurlopend besoek en hulp word elke Sondag by die Kapel verleen. Inwoners wat nog mobiel is, word na ons gemeentefunksies geneem. Jy kan ook 'n groot verskil aan 'n verswakte of bedlêende lidmaat se lewe maak deur net één besoekie per maand te bring.

Troyestraat diensgroep 
Hierdie diensgroep het ten doel om die gemeenskap van gelowiges in Troyestraat te bevorder deur middel van dienslewering op die volgende terreine:​
  1. Teeskink - Annatjie Jurrius
  2. Begrafnisse - Annatjie Jurrius
  3. Troyestraat-funksies - Hanneke Joubert
  4. Karmel - Stephanie Henning
  5. Verjaarsdae - Ansie Theunissen
  6. Beertjie - Hanneke Joubert
  7. Klereverkopings - Babs Prinsloo
  8. Orrelfonds - Babs Prinsloo
  9. Tuin - Ester Cordier
  10. Vervoer - Word onderling gereël
Picture

Ook verbonde aan Brooklyn-gemeente:


Karmel:     09:00
Adres: Troyestraat 40, Sunnyside
New Life City Church:     9:00 en 18:00  (Engels)
Adres: Reitzstraat 481, Sunnyside
Dialogue Community:     09:30 - 11:00 en 18:00
​Adres: Pretoria Rugby Club, 75 Totius St
Residentia:     09:30
Adres: Troyestraat 35, Sunnyside
DUXBURYWEG

Eredienstye:

Duxburyweg:
09:30 & 18:30
​

Ons glo dat dit Brooklyn Gemeente se roeping is om uit Hom, deur Hom en tot Hom te lewe.
​Daarom is dit ons strewe om God bo alles te eer, mekaar en ander te dien en dissipels te maak van Christus. 
​Besoek die regering se amptelike Covid-19-webwerf om op hoogte te bly. Klik hier
  • Tuis
  • Wie is ons
  • Ek is Nuut
  • Leef Saam
  • Dien Saam
    • Administrasie >
      • Eiendomme
      • Finansies
      • Projekte
    • Aanbidding >
      • Erediens
      • Erediens Logistiek
      • Gebed
      • Musiek
      • Tegnies
    • Jeug >
      • Juventus
      • Katkisasie
      • Kleuterbediening
    • Toerusting >
      • Leer & Lewe
      • Groeigroepe
      • Ratio Christi
      • Midweekboodskap
    • Evangelisasie >
      • Kerkplant
      • Reformissio
      • Uitreike
      • El Shaddai Swazi
    • Meelewing >
      • Agapé
      • Barmhartigheid
      • Werksoekers
      • Begrafnis
      • Kosbank
      • Lief en Leed
  • Preke
    • Regstreekse uitsending
    • YouTube
    • Nuutste Preke (MP3)
    • Preek Argief (MP3)
  • Inligting
    • Dra by
    • Attestate
    • Kommunikasie >
      • Kommunikasiebeleid
      • Hart & Hand
      • Kerkkalender
    • Personeel
  • Kontak ons
    • Liturgie
    • Regstreekse uitsending
    • Afkondigings
    • Barmhartigheid
    • Verslae