Daar is verskeie personeel wat voltyds of deeltyds deur die kerk aangestel is en vergoed word. Hiervoor is daar kontrakte, verlof en allerlei ander administrasie nodig. Die personeeldiensgroep is dus die “HR” departement van die kerk. Deel van hulle taak is ook die ondersteuning en bystand van personeel sodat ons as kerk sekermaak ons hanteer ons werknemers op ‘n manier wat vir God aanneemlik is.