Outgrowing the ingrown church
C. John Miller
Zondervan Publishing House
1986
176 bladsye
Ons God-gegewe opdrag en grootste doel: Die uitbreiding van die koninkryk van God.
Oorsig
C John Miller beskryf in ‘Outgrowing the ingrown church’ ons hoofopdrag op aarde en hoe om as gemeente daarin te slaag. Hy wys uit die Bybel vir ons presies wat die Here wil hê ons as sy kinders moet doen. Uit sy eie ondervinding wys hy waar ons as gemeente en individue begin te kort val het, hoe ons al hoe meer hoogmoedig begin lewe het. Hy gee goeie praktiese idees wat ons fokus draai terug na Jesus Christus. Hierdie boek sal die hart van die individue raak en weer gesond kan maak – so sal ons gemeente gesond wees!
C. John Miller se hooftema in die boek is ons as gelowiges se opdrag.
Hy begin sy boodskap deur Joh 7:37 – 39, waar Johannes skryf dat Jesus gesê het, wie in Hom glo – sal strome lewende water hê wat uit hom vloei. Lewende water wat God se woord en Sy liefde is. Dit is ons versekering na die ewige lewe.
Verder wys die outeur ons op Joh 14:12
“Dit verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na my Vader toe gaan.”
Hierin lê ons krag om God se opdrag te kan uitvoer.
Beskrywing van die boek
Ons as gemeente moet weer God se heerlikheid en krag raak sien orals waar ons gaan. Ons eie hoogmoedigheid moet ons bely en op ons knieë God se wil soek, sodat ons geleenthede kan sien om Sy liefde vir ander te wys en só Sy koningkryk en Woord te kan verkondig.
Die hoofpunte wat C.John Miller maak is:
My eie mening en opinie
Ek is van opinie dat hierdie boek gelees moet word soos ‘n bees sy lusern eet… lees, herlees en weer lees. Hierdie boek het my laat besef: Ons as gemeente dink ons is “OK” – maar ons is eintlik nog glad nie “OK” nie!
C John Miller skryf hierdie boek uit sy eie ervarings as predikant in ‘n “ingrown” gemeente. Hy beskryf die stappe en risiko’s wat hy moes neem om sy eie lewe en dié van sy gemeente te fokus op God se opdragte en beloftes in die Bybel. Hy gee nie ‘n lysie met dit wat jy nou moet gaan doen nie – hy wys vir jou God se beloftes en opdragte in die Bybel. Hy laat jou dink – daag jou op geloofsvlak uit. Wanneer hierdie bybelsebeginsels jou eie lewe egin verander is daar ‘n rippel-effek wat uitsprei deur ons gemeente tot by nie-gelowiges. En dis hier waar ons werk is!
Ek wil eintlik so ver gaan deur te sê, sou jy nie saamstem met hierdie boek nie; of as die boek nie tot jou spreek en jou aan die beweeg sit nie – glo jy nie werklik in die Woord van Jesus Christus en God Drie-enig nie. Alles wat Hy noem is skrifgefundeerd.
Daar is ‘n paar beginsels of idees wat ek dink die begin sal wees om te verseker dat ek as individue en as deel van my gemeente na buite toe kan groei.
Bid is die voorbeeld wat Jesus vir ons gee. Hy bevestig dit in Matt 18:19.
Ek sluit af met die storie van die hoender en die vark wat besluit om beter werksgeleenthede te gaan soek. Toe hulle by die dorp kom sien hul ‘n winkelbord wat spek en eiers verkoop. Hoender reken toe dit is ‘n goeie geleentheid vir hulle. Vark sê: Ja, jy kan ‘n bydrae maak maar ek moet betrokke raak!
Hoop julle vind net soveel inspirasie uit die boek as ek.
Sanlie van der Walt

- Waar begin evangelisasie?
- Kry jou identiteit in Christus en jou rol in sending werk.
- Waar lê die krag vir sending werk?
- Diens as God se evangelisasie leiers.
- Ontdek God se evangelisasie strategie.
- Ontwikkel God se evangelisasie programme.
My eie mening en opinie
Ek is van opinie dat hierdie boek gelees moet word soos ‘n bees sy lusern eet… lees, herlees en weer lees. Hierdie boek het my laat besef: Ons as gemeente dink ons is “OK” – maar ons is eintlik nog glad nie “OK” nie!
C John Miller skryf hierdie boek uit sy eie ervarings as predikant in ‘n “ingrown” gemeente. Hy beskryf die stappe en risiko’s wat hy moes neem om sy eie lewe en dié van sy gemeente te fokus op God se opdragte en beloftes in die Bybel. Hy gee nie ‘n lysie met dit wat jy nou moet gaan doen nie – hy wys vir jou God se beloftes en opdragte in die Bybel. Hy laat jou dink – daag jou op geloofsvlak uit. Wanneer hierdie bybelsebeginsels jou eie lewe egin verander is daar ‘n rippel-effek wat uitsprei deur ons gemeente tot by nie-gelowiges. En dis hier waar ons werk is!
Ek wil eintlik so ver gaan deur te sê, sou jy nie saamstem met hierdie boek nie; of as die boek nie tot jou spreek en jou aan die beweeg sit nie – glo jy nie werklik in die Woord van Jesus Christus en God Drie-enig nie. Alles wat Hy noem is skrifgefundeerd.
Daar is ‘n paar beginsels of idees wat ek dink die begin sal wees om te verseker dat ek as individue en as deel van my gemeente na buite toe kan groei.
- Belydenis van ons hoogmoedigheid; Bid.
Bid is die voorbeeld wat Jesus vir ons gee. Hy bevestig dit in Matt 18:19.
- In Joh 14:12 wys God vir ons dat ons outoriteit het in die wêreld. Ek dink ons moet ons bangheid en ‘jammer-ek-leef’-houding stop en begin glo in ons krag in Jesus Christus.
- Hou op kritiserende toeskouers wees en word ‘n pasaangeër. Ons moet initiatief neem en begin met werk na buite.
- Ons moet bid vir ons predikante en bid vir mekaar.
- Ons moet geleenthede soek waar ons diakonale werk kan doen. Dit is die grondslag om God se liefde vir ander te wys. Ek dink ons moet beter kommunikasie tussen die gemeente en diakonie hê. Ons moet op hoogte wees van behoeftes om ons en ook weet hoe die Here voorsien het.
- Kleingroepe moet ‘n groeigroep wees. Wanneer getalle 65% vermeerder het moet ons verdeel en 2 groepe maak. Ons moet kleingroepe gebruik om diakonale werk wyer te vat. ‘n Kleingroep kan ‘n projek soek om by betrokke te raak. Of net eenvoudige werkies doen vir ander. Bv. ‘n behoeftige se kamer verf, of ‘n student wat vê van familie af is nooi vir ete. Dit is makliker om ‘n klein hoeveelheid mense te mobiliseer as ‘n groot groep. In ons kleingroep moet ons meer BID. Ons moet ‘n dagboek hou van dit waaroor ons bid. Sodat ons later kan terug kyk en sien hoe God ons gebede verhoor en hoe Sy plan werk.
- Hierdie boek is dalk geskryf vir die predikante van die gemeente maar sy fokus op my eie lewe, my eie verhouding met die Here, maak hierdie boek ‘n waardevolle verrykende boodskap vir ons almal.