Diensbaar
Ons glo verder dat die Here alle Christene in die bediening wil gebruik en dat almal daarom in die bediening kan staan. Hiervoor is daar baie geleenthede deur middel van ons diensgroepe.
Voorbidding
(Kontak Leonora Schreurs)
Hierdie groepe lê hulle in besonder daarop toe om vir bepaalde sake en mense voorbidding te doen.
Agapé
(Kontak Soekie Kruger)
Die Agapé-diensgroep het ten doel om God se liefde vir ons uit te leef deur diensbaarheid aan die liggaam van Christus.
Ons reël byvoorbeeld:
Projekte
(Wina Cameron)
Die doel van die diensgroep is om fondse te in te samel met funksies soos:
Ons maak staat op die geesdriftige deelname van die hele gemeente deur hulp, kaartjieverkope en skenkings om van dié geleenthede ’n sukses te maak.
So wil ons graag ’n bydrae lewer tot die uiteenlopende behoeftes in ons gemeente.
Nuut
(Kontak Elfrieda Marais)
Hierdie diensgroep reël kwartaalliks ’n byeenkoms vir nuwe lidmate waartydens hulle in(kyk na kantlyn en skuif “in” na “gelig”: moet een woord wees: “ingelig”) gelig word oor die gemeente en aangespoor word om betrokke te raak. Ons wil nuwe lidmate graag begelei om gou tuis te voel en medegemeentelede te leer ken. As jy by hierdie diensgroep betrokke wil raak, kontak Elfrieda.
Siekes
(Kontak Joëlna Heslinga)
Ons gemeente is verantwoordelik om Gereformeerde lidmate van buite Pretoria wat in die Little Company of Mary-hospitaal, Astrid-kliniek, Pretoria-harthospitaal, Zuid-Afrikaanse Hospitaal en die omentumsentrum-kliniek opgeneem word, te besoek. Ook word probeer om lidmate in ons gemeente wat ’n gesondheidskrisis ervaar of wat langtermynterapie moet ondergaan, te besoek. As jy oor die gawe van deernis en vertroosting beskik, sal jy hier ’n groot bydrae kan lewer.
Verjaarsdae
(Kontak Rika Lubbe)
Hierdie diensgroep beywer hulle daarvoor om aan alle lidmate ’n boodskap van gelukwensing per SMS of e-pos te stuur. Alle lidmate wat Troyestraat se eredienste bywoon, ontvang ’n geskenkie en Duxburyweg-lidmate wat bo 70 jaar is, ontvang ’n kaartjie van gelukwensing. Hierdie diensgroep sou graag wou uitbrei deur ook nog besoeke aan die bo-tagtigs op hul verjaarsdae te bring, maar daarvoor is nog vrywilligers nodig. Wil jy miskien betrokke raak?
Begrafnis
(Kontak Petra de Klerk - Duxburyweg,
Annetjie Jurrius - Troyestraat)
Hierdie diensgroep lewer ’n diens tydens begrafnisse. Hulle voorsien toebroodjies en bedien koffie en tee vir die familie en vriende. Bied gerus jou hulp aan.

- Die nagmaaletes.
- Die Dissipelskapkafee.
- ‘n Pasga ete.
- Die Kosbank.
- Teedrink met verjaarsdae
- Die Verjaarsdagtees
- ‘n Kerrie-en-sjerrie aand.
- ‘n Lentetee vir ons lidmate bo 70
- ‘n Uitreikdag
- In samewerking met die beertjie diensgroep word ‘n Bybeltjie en ‘n beertjie aan dopelinge gegee.
- Verhuring Kombuistoerusting/breekware (Kontak Marié Heystek 082 684 3209 )
Projekte
(Wina Cameron)
Die doel van die diensgroep is om fondse te in te samel met funksies soos:
- Konserte
- Biltongfees
- Gholfdag