Baie welkom by Huisgeloof
Huisgeloof is ‘n toerustingsbediening aan ons gesinne. Die huisgesin is die primêre plek waar ‘n kind se geloofsvorming plaasvind en daarom wil ons ons gesinne bemagtig om Jesus deel van hulle alledaagse lewe te maak.
Hierdie is ‘n bediening deur ouers vir ouers en daarom moedig ons alle ouers aan om hier betrokke te raak.
Kyk gerus hier onder na die Preek wat as inleiding to Huisgeloof 2019 gedien het, sowel as die Powerpoint skyfies wat na die diens aangebied is.
As jy enige vrae het, kontak gerus vir Sanlie van der Walt by [email protected]

Kinderbediening by GK Brooklyn:
Hierdie dokument bevat al die inligting wat jy benodig:
|
|
Kwartaal 1 op 'n drafstap
Ek wil graag met julle ons eerste kwartaal deel.
Ds. Jacques het ons baie mooi bewus gemaak van die erns van ons kinders se geloofsgroei met die eerste Sondag se gesinsdiens. Hoe ons die stokkie van geloof aangee aan ons kinders het vir my baie duidelik geword in – op watter stoel sit jy? Die ontwikkelingsfases van kinders het Lize en Annemarie vir ons so mooi uiteengesit.
24 Februarie het ons lekker gesels oor seën en hoe om dit daagliks af te bid op ons kinders. Geertjie het ons weer bewus gemaak dat dit so belangrik is en soveel makliker is vir beide ouers en kinders, wanneer dit van kleins af gebruik word. (My Graad 9 seun kyk my nou bietjie vreemd aan.) Om die regte bewoording te kry wat vir jou kind spesifiek saamgestel is, is spesiaal en treffend.
Die Graad 12’s het gesels oor geestelike gawes. Ds Chris het gawes vir ons in ‘n heel ander lig geplaas. Gawes is soos ‘n spansport. Ons het mekaar nodig! Ons ontvang gawes deur die Gees en wanneer ons dit dan gebruik om mekaar te dien ervaar ons God se krag. Die verskil tussen die vrug van die Gees in Galasiërs en die gawes van die Gees is dat almal wat glo in God die vrug van die Gees kry. Dit is ononderhandelbaar. Die gawes is iets spesiaals met die doel om die liggam van God op te bou. Ons het mekaar nodig om die liggaam te vorm. Dit het my weer laat terug kyk na wat is regtig my gawes, want iemand het my nodig en wag vir my om my gawes te gebruik!
Ons predikante het ‘n waardevolle gesprek gehad met ouers wat wil doop op 10 Maart. Weer besef ons, ons verantwoordelikheid en aanspreeklikheid as ouers en as gemeente, met die geloofslewe van ons kinders.
Ek is opgewonde om die tweede kwartaal se program met julle te deel. Maak ‘n knoop in jou oor en kom groei saam met ons.

Mag die tweede kwartaal vir ons almal groei in ons geloof- en huisgesinslewe bring.
Groete in Christus
Sanlie van der Walt
N.S. Vir enige navrae kontak my 083 661 7711.