Daar is verskillende kampe waarby studente en ander jongmense betrokke kan raak:
- Visiekamp: ’n kamp wat toerusting bied vir senior studente (Januarie);
- Eerstejaarskamp: inskakeling van eerstejaars (Januarie);
- Moot-Skoolverlaterskamp: studente tree as groepleiers op by hierdie kamp in Julie vir die skoolverlaters van die Partikuliere Sinode Pretoria;
- Lentekamp: die kamp fokus op toerusting oor ’n aktuele tema en vind in die lente plaas;
- Juventuskamp: die kamp fokus op saamkuier en ontspanning by een of ander vakansieoord;
- Interdopperkamp: Gereformeerdes van Gauteng, Noordwes en die Vrystaat kuier saam langs die Vaalrivier (meestal in Augustus).