Kerkraad(Kontak die predikante)
Die ouderlinge kom gereeld byeen om oor al die aktiwiteite van die gemeente te besin en rigtinggewende besluite te neem. Kerkraad KommissiesStrategiese kommissie (SK)
(Kontak Bingle Kruger) In hierdie kommissie word gekyk na die langtermyn beplanning vir die gemeente. Bedieningskommissie (BDK) (Kontak Ivan Altin) Die kommissie besin op ‘n gereelde basis oor die bedieningsaktiwiteite van die gemeente en vervul ‘n koordinerende rol tussen die bedieninge. Kommissie van Administrasie (KVA) (Kontak Bingle Kruger) Hierdie kommissie adviseer die kerkraad oor alle finansiële en terrein sake. |
Diakonie(Kontak die Voorsitter, Kobus van der Westhuizen)
Die diakonie vergader gereeld. Bydraes tot die diakonale kas met SnapScan
Om bydraes na die diakonale kas te vergemaklik, het ons nou die opsie om bydraes deur SnapScan te maak. SnapScan is ’n app (of toep) wat mens op jou slimfoon aflaai en dan gebruik om met jou kredietkaart ’n veilige oorplasing na die diakonale kas te maak. Die SnapScan app neem ’n foto van die kodeblokkie (Quick Response-kode), wat die diakonale kas se rekening verteenwoordig, om die betaling te kan maak. Gebruik die SnapScan QR-kode van die diakonale kas wat hieronder verskyn om geld direk na die diakonie se bankrekening te stuur. Die diakens funksioneer in die volgende diensgroepe:
|