Omdat ons ‘n biddende gemeente wil wees, gaan ons DV…
Omdat God ons geroep het om Missionaal te wees, gaan ons DV...
Evangelisasie
Omdat ons glo dat kleingroepe/dissipelskap Christus se bedieningsmodel is, gaan ons DV…
Omdat eredienste wonderlike goed bring, gaan ons DV…
God het Brooklyn Gemeente in ‘n leierskapsposisie gestel, daarom gaan ons DV:
Deur God te erken as die Here van die geskiedenis (die verlede herbesoek), gaan ons DV…
Omdat God ons roep om te bekeer, gaan ons DV...
- alle lidmate opskerp tot persoonlike gebed;
- diverse gebedsgroepe aktiveer;
- toerusting bewerk waar gebedsopleiding plaasvind;
- deur middel van digitale tegnologie gebedsnetwerke intern & elders vestig;
- kleingroepe toerus om te volhard in gebed;
- gebedsbelewenisse/-getuienisse onderling deel;
- die atmosfeer vir ‘n gebedsruimte skep;
- lidmate bewus maak van voorbidding vir die ganse wêreld.
Omdat God ons geroep het om Missionaal te wees, gaan ons DV...
Evangelisasie
- die belangrike behoefte van apologotiek aanspreek om geloofsekerheid by gelowiges te vestig, struikelblokke van skeptiese mense uit die weg te ruim en ‘n rasionele antwoord aan die res te gee;
- fokus op behoefte-gebasseerde evangelisasie wat fisiese en geestelike nood aanspreek (gemeenskapsopheffing);
- ‘n netwerk bou om evangeliste te roep, op te lei en te ondersteun;
- praktykgerigte en lewensfase-gerigte toerusting bied vir elke Christen om ‘soos hulle gaan’ getuienis te lewer/evangeliseer (1 Petrus 3:15).
- ‘n sendingstrategie uitwerk, op ‘n plaaslike-, provinsiale- nasionale- & internasionale vlak.
- sewe gemeentes in tien jaar plant;
- ‘n netwerk van 50+ gemeentes bou om kerkplanting te dryf;
- kerkplanters roep, oplei en ondersteun om multikulturele kerke te plant.
- gemeentes wat die behoefte het, te adviseer rondom kerkvernuwing;
- afrigting bied aan gemeentes met die oog op kerkvernuwing.
Omdat ons glo dat kleingroepe/dissipelskap Christus se bedieningsmodel is, gaan ons DV…
- kleingroepe ‘n gebedsaak maak vir die hele gemeente;
- “mekaar-bediening” ‘n prioriteit in Brooklyn maak;
- kleingroepe as bedieningsmodel vestig;
- kleingroep leiers identifiseer, toerus en ondersteun;
- kleingroepe vorm deur spontane assosiasie;
- die persoonlike element van dissipelskap bevorder;
- mekaar-bediening vir lidmate wat nie deel vorm van ‘n kleingroep nie bewerk;
- digitale kleingroepe vestig.
Omdat eredienste wonderlike goed bring, gaan ons DV…
- fokus hoe die liturgie van ons samekomste, ons toerus vir die liturgie van ons alledaagse lewe;
- dit deel met mekaar en ander (gasvryheid, xenophilia[liefde vir vreemdelinge]);
- ruimte skep vir ordelike getuienislewering;
- meer maak van feesvieringe (nagmaal, doop, beleidenis van geloof)
God het Brooklyn Gemeente in ‘n leierskapsposisie gestel, daarom gaan ons DV:
- biddend Bybelse leiers se optrede bestudeer & navolg;
- leiers op alle vlakke identifiseer, verder oplei en mentor;
- Brooklyn se leierskapsrol omsigtig gebruik en uitbou, binne en buite die gemeenskap en kerkverband;
- elke individu as ‘n leier volgens sy roeping en gawes bemagtig & ontplooi;
- leiersrolle en hulle verantwoordelikhede definieer.
Deur God te erken as die Here van die geskiedenis (die verlede herbesoek), gaan ons DV…
- die verband voortdurend bly lê tussen die Bybelse geskiedenis & die hede;
- die opskryf van ons gemeente geskiedenis byhou;
- die gemeente voortdurend bewus maak van God se hand in ons geskiedenis;
- Ruimte skep om eerlik uit die verlede Brooklyn se hoogtepunte te identifiseer en vier, en God daarvoor dank;
- eerlik uit die verlede Brooklyn se laagtepunte identifiseer en ootmoedig bely.
Omdat God ons roep om te bekeer, gaan ons DV...
- krities kyk na ons gemeenskaplike sondes in die verlede & hede en daarvan bekeer.
- bekeer van mensgemaakte strukture;
- bekeer van ‘n ‘na-binne-gerigtheid’;
- ten minste een keer ‘n jaar ‘n fokustyd hê wat handel oor daaglikse persoonlike en korporatiewe bekering.