Voorbidding: Iran Dit is moeilik vir Christenouers in Iran om hul kinders in Christusgesentreerde huise groot te maak, omdat hul kinders Islamitiese onderrig by die skool ontvang en hulle ook Bybelse hulpbronne en bande met ander Christene benodig. Bid vir wysheid en leiding vir hierdie ouers te midde van hierdie uitdagende omstandighede. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
0 Comments
Voorbidding: Indonesië Islamitiese radikale groepe probeer om verdeeldheid tussen Moslems en Christene in Indonesië te saai. Bid vir godsdienstige leiers van albei kante om op te staan en betrokke te raak by inter-godsdienstige gesprekke, om brûe te bou in stede daarvan om vasgevang te raak in die planne van hierdie Islamitiese radikales. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Midde-Ooste Een van die grootste uitdagings wat ons vennote in die Midde-Ooste ervaar, is om gekwalifiseerde Christene te vind om deel te wees van die werk wat nodig is vir bediening op sosiale mediaplatforms. Bid dat ons plaaslike vennote die regte mense sal vind om hulle met hierdie werk te help. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
GKB se diakonie verhuur 'n drie-slaapkamer woonstel. Hy is net 600m van Tuks se hoofhek af. Die woonstel is van Des '18 of Jan '19 beskikbaar en beloop R12500 per maand. Kontak Icel vir meer inligting en fotos - 0842056566 icel@gkbrooklyn.org.za via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
|
Archives
November 2020
Categories |