Ons leef in ’n uiters kompeterende wêreld. Die houding vir oorlewing is: “Elkeen vir homself.” Pas op, dit is ’n doodloopstraat dié! Ons het mekaar nodig. In Galasiërs 6:2 word ons juis bemoedig om mekaar se laste te dra. In jou lewe is daar tye dat jy ander moet bystaan en daar is tye dat jy bygestaan moet word. Dit maak nie saak waar jy jouself bevind nie, Jesus nooi jou om jou laste vir Hom te gee, jy kan Hom daarmee vertrou:
Daar was die afgelope jaar verskriklike storms regoor die wêreld. Ons het veral gehoor van die orkane wat deur die Karibiese eilande, sowel as Sentraal- en Noord-Amerika geploeg het. Daar het selfs die afgelope week ’n tornado oor die Wes-Rand verwoesting gesaai.
Op verskeie tye in jou lewe, miskien selfs nou, gaan jy ook deur stormtydperke. Jesus se dissipels het hulleself ook in ’n hewige storm op see bevind. In Markus 4:35-41 lees ons ook van Jesus self en sy dissipel wat in die middel van ’n hewige storm op see was. Ons leer twee dinge uit hierdie verhaal: eerstens dat Jesus saam met jou in jou storm is en tweedens dat Hy die een is wat dit laat bedaar. Vertrou Hom want Hy is in beheer en soek jou vrede in Hom! |
Argief
November 2017
|