Brooklyn-gemeente
  • Tuis
  • Administrasie
    • Finansies
    • Eiendomme
    • Projekte
  • Wie is ons
  • Ek is Nuut
  • Dien Saam
    • Aanbidding >
      • Erediens
      • Erediens Logistiek
      • Gebed
      • Musiek
      • Tegnies
    • Jeug >
      • Juventus
      • Katkisasie
      • Kleuterbediening
    • Toerusting >
      • Leer & Lewe
      • Groeigroepe
      • Ratio Christi
      • Midweekboodskap
    • Evangelisasie >
      • Kerkplant
      • Reformissio
      • Uitreike
      • El Shaddai Swazi
    • Meelewing >
      • Agapé
      • Barmhartigheid
      • Werksoekers
      • Begrafnis
      • Kosbank
      • Lief en Leed
  • Leef Saam
  • Preke
    • Regstreekse uitsending
    • YouTube
    • Nuutste Preke (MP3)
    • Preek Argief (MP3)
  • Inligting
    • Dra by
    • Attestate
    • Kommunikasie >
      • Kommunikasiebeleid
      • Hart & Hand
      • Kerkkalender
    • Personeel
  • Kontak ons
    • Liturgie
    • Regstreekse uitsending
    • Afkondigings
    • Barmhartigheid
    • Verslae
    • Doop
  • Foto kompetisie

Midweekboodskap

DIE TWEEDE KRUISWOORD

25/3/2015

 
Drie kruise op Golgota-koppie.  Drie kruiselinge in gesprek te midde van onmenslike pyn van mishandeling.  Aan die buitekant twee gruwelike politieke misdadigers - van die laagste tipe in die samelewing.  Eers spot hulle al twee met die middelste kruis.  Die middelste kruis swyg. 

Skielik verander die een misdadiger se gesprek soos handomkeer.  ’n Belydenis volg: Hy, aan die middelste kruis gespyker, is onskuldig!  Dan ’n gebed: “Jesus, dink aan my wanneer U in die koninkryk kom.”  Onbeskryflik klink die woorde van die Verlosser: “Ek verseker jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees” (Lukas 23:43). 

Voel jy dalk soms ook so laag, vuil en sondig soos die misdadiger aan die kruis?  Geen sonde is te groot om vergewe te word nie!  Bely jou sonde eerlik teenoor jou Verlosser en glo die verklaring van Hom wat aan die middelste kruis vir jou gesterf het:  Vandag, saam met My in die paradys!

JESUS SE EERSTE KRUISWOORD

18/3/2015

 
Picture
     Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie! (Lukas 23:34). 
Dit was Jesus se eerste woorde nadat Hy aan die kruis vasgespyker is.  Aangrypend!  Ons Here bid nie eerste vir Homself vir krag of uitkoms nie – dit volg later ...  Hy begin by wat vir Hom die heel kosbaarste van alles is, naamlik hulle wat aan Hom behoort, sy kinders.  Vergewe hulle ...  ja, vergewe óns, want moes Jesus nie vir óns sonde kom betaal het deur aan ’n vervloekte kruis te kom sterf het nie? Dink daaraan waar ons die Paastyd nou binnegaan: 
     Sy liggaam is gebreek  ...  sy bloed het gevloei tot volkome versoening (vergewing) van al ons sonde.  
Dankie Here, dat ek mag glo aan die vergewing van sonde.

Kop-aan-kop-botsing (Handelinge 9:19-20)

11/3/2015

 
Picture
Handelinge 9:19-20
Paulus was besig om die kerk te vervolg toe hy ’n kop-aan-kop-botsing met Jesus gehad het. Dit het radikale gevolge gehad, want voordat hy sy oë kon uitvee, is hierdie vervolger ’n volgeling. Nadat hy met Christus se genade en liefde oorweldig is, het hy “dadelik in die sinagoges begin verkondig dat Jesus die Seun van God is”. Dit beteken dat jou (miskien duistere) verlede nie teen jou hoef te tel nie, want Jesus gebruik jou nou. God slaan ook met ’n krom stok ’n reguit hou.



JOU BYBEL

4/3/2015

 
Picture
Die Bybel is God se Woord, oftewel, God wat met jou praat.  Hy praat nie net sommer omdat praat praat is nie!  In 1 Johannes  5:13 gee Hy self die rede vir sy besondere openbaring aan die mens.  Dit is naamlik die Blye Boodskap: “sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo”.

In sy Woord vertel Hy ons van die skepping, hoe ons in sonde geval het en hoe verlore die mens sonder Hom is.  Die Woord is die Blye Boodskap van Jesus wat vir ons sonde betaal het en dat Hy met ons op pad is na die ewige lewe. 

Lees hierdie Blye Boodskap, glo dit, leef daarvolgens en vertel ander daarvan ... wie weet, dalk is jou voorbeeld vir ander die enigste Bybel wat hulle al gelees het.  Mag ander in jou iets van die Blye Boodskap raaksien en God aanbid.


    Argief

    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    April 2015
    March 2015
    February 2015
    January 2015

    RSS Feed

DUXBURYWEG

Eredienstye:

Duxburyweg:
08:50 & 18:30
​

Ons glo dat dit Brooklyn Gemeente se roeping is om uit Hom, deur Hom en tot Hom te lewe.
​Daarom is dit ons strewe om God bo alles te eer, mekaar en ander te dien en dissipels te maak van Christus. 
  • Tuis
  • Administrasie
    • Finansies
    • Eiendomme
    • Projekte
  • Wie is ons
  • Ek is Nuut
  • Dien Saam
    • Aanbidding >
      • Erediens
      • Erediens Logistiek
      • Gebed
      • Musiek
      • Tegnies
    • Jeug >
      • Juventus
      • Katkisasie
      • Kleuterbediening
    • Toerusting >
      • Leer & Lewe
      • Groeigroepe
      • Ratio Christi
      • Midweekboodskap
    • Evangelisasie >
      • Kerkplant
      • Reformissio
      • Uitreike
      • El Shaddai Swazi
    • Meelewing >
      • Agapé
      • Barmhartigheid
      • Werksoekers
      • Begrafnis
      • Kosbank
      • Lief en Leed
  • Leef Saam
  • Preke
    • Regstreekse uitsending
    • YouTube
    • Nuutste Preke (MP3)
    • Preek Argief (MP3)
  • Inligting
    • Dra by
    • Attestate
    • Kommunikasie >
      • Kommunikasiebeleid
      • Hart & Hand
      • Kerkkalender
    • Personeel
  • Kontak ons
    • Liturgie
    • Regstreekse uitsending
    • Afkondigings
    • Barmhartigheid
    • Verslae
    • Doop
  • Foto kompetisie