Efesiërs 3:14-21 is ‘n aangrypende gebed vir geestelike krag. Die hoofsin van hierdie hele gebed kom neer op: “Here, maak my innerlik sterk.” Lees hierdie gebed vandag en sit jou eie naam daar in.
Mag jy vandag, en elke dag geestelike krag kry om innerlik sterk te wees.
God wil dat ons Hom intiem ken vir wie Hy is. Bid saam met Paulus van ouds dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan jou wysheid gee en Hom so aan jou openbaar dat jy Hom werklik kan ken.
Bid dat Hy jou geestesoë so verhelder dat jy kan weet watter hoop sy roeping vir jou inhou. Bid hierdie gebed vir jouself, jou geliefdes en ’n stukkende wêreld wat smag na hoop. Het jy al daaraan gedink dat Jesus se ouers voor sy geboorte vir hom gebid het? As klein seuntjie het hulle ook vir hom gebid, saam met hom gebid en hom geleer hoe om te bid. Net soos gelowige ouers vandag ook sou doen. As volwassene is Jesus die een wat ons leer bid:
Het jy ook al gewonder waarom Jesus ons leer om ons gebede te begin met Ons Vader wat in die Hemel is? Aan die een kant het ons die vrymoedigheid om Hom aan te spreek as “Abba” (Pa, Vader, Pappa). Dit is wie Hy regtig vir jou is. Jy is die een wat vir Hom kosbaar is, vir wie Hy sorg en vir wie Hy beskerm. Ons Vader wat elke oomblik met ons is, is egter ook die Here van alles en almal:
Leef in hierdie kosbare verhouding met Hom. Ons Vader is die Koning van die heelal.
Waaroor het jy vandag met ons Here gepraat?
As gelowiges het ons die voorreg om vir mekaar te bid, in goeie en veral swaar tye. Besef jy dat daar ook vanuit die hemel vir jou gebid word? Jesus (Lukas 22:32 en Johannes 17) en die Heilige Gees bid vir jou: Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie (Romeine 8:26). Praat met vrymoedigheid oor alles in jou hart met ons Here. Laat dit vir jou ’n bron van krag en bemoediging wees dat daar vanuit die hemel vir jou gebid word. |
Argief
November 2017
|