Brooklyn-gemeente
  • Tuis
  • Administrasie
    • Finansies
    • Eiendomme
    • Projekte
  • Wie is ons
  • Ek is Nuut
  • Dien Saam
    • Aanbidding >
      • Erediens
      • Erediens Logistiek
      • Gebed
      • Musiek
      • Tegnies
    • Jeug >
      • Juventus
      • Katkisasie
      • Kleuterbediening
    • Toerusting >
      • Leer & Lewe
      • Groeigroepe
      • Ratio Christi
      • Midweekboodskap
    • Evangelisasie >
      • Kerkplant
      • Reformissio
      • Uitreike
      • El Shaddai Swazi
    • Meelewing >
      • Agapé
      • Barmhartigheid
      • Werksoekers
      • Begrafnis
      • Kosbank
      • Lief en Leed
  • Leef Saam
  • Preke
    • Regstreekse uitsending
    • YouTube
    • Nuutste Preke (MP3)
    • Preek Argief (MP3)
  • Inligting
    • Dra by
    • Attestate
    • Kommunikasie >
      • Kommunikasiebeleid
      • Hart & Hand
      • Kerkkalender
    • Personeel
  • Kontak ons
    • Liturgie
    • Regstreekse uitsending
    • Afkondigings
    • Barmhartigheid
    • Verslae
    • Doop
  • Foto kompetisie

Midweekboodskap

Waarom dan so onseker?

8/11/2017

 
Picture
​Vandag is die beplande nasionale taxi-staking.  Wat alles daaruit gaan voortspruit, dit weet ons nie. Wanneer en waaroor die volgende staking ná vandag gaan wees – ook dit weet ons nie.  Onsekerheid wek by baie mense vrees.  Dalk raak dit jou vandag regstreeks, of dalk is daar ’n ander “taxi-staking” in jou lewe wat onsekerheid by jou wek. 

By ons Here bestaan die woord onsekerheid nie.  Hy, die Alwetende, word eenvoudig nooit verras deur menslike optrede nie.  Hy wat alles weet, weet hoe gebeure in jou jou lewe affekteer en hoe jy dit beleef en verwerk – ook onsekerheid. 
​
In Psalm 142 verwoord Dawid sy eie onsekerheid en vrees oor omstandighede buite sy beheer. Lees gerus hierdie kort Psalm. Uiteindelik vind Dawid sy krag en vrede in die wete dat ons Here in beheer bly en dat Hy weet hoe elkeen van sy kinders onsekerheid verwerk: 
​U weet wat ek moes deurmaak (Psalm 142:4).  
​Neem vrymoedigheid om, net soos ’n Dawid van ouds, Hom te vertel van die “taxi-stakings” in jou lewe en hoe jy daaroor voel en vertrou Hom by wie daar geen onsekerheid is nie.

Ondeurgrondelik

1/11/2017

 
Picture
Die sogenaamde “Swart Maandag” het gemengde reaksie ontlont – sommige sien dit as rassisties en ander as versoenend. Die hartseer is egter dat moord in ons pragtige land ’n harde realiteit bly. As Christene vra ons vrae en worstel ons daaroor, maar helaas sonder om klinkklare antwoorde te kry.
​
Israel van ouds het in ballingskap dieselfde geloofsworsteling beleef. Hulle het gebid, maar dit het gevoel asof God nie antwoord nie. Tog was Hy elke oomblik met hulle. In die woorde van Jesaja 40:27-29 bemoedig Hy Israel met die versekering dat Hy ten spyte van hul swaar en seer in beheer bly. 

Dalk vind jy ook troos in hierdie woorde: 
Waarom sê jy ... waarom kla jy ... “Die Here sien nie raak wat van my word nie, my reg gaan by my God verby?”  Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie?  Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde.  Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik.  Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk die wat nie meer kan nie.  
​Waarom sê jy ... waarom kla jy ... “Die Here sien nie raak wat van my word nie, my reg gaan by my God verby?”  Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie?  Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde.  Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik.  Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk die wat nie meer kan nie.  

Midweekboodskap

25/10/2017

 
Picture
"Bid sonder ophou." (1 Tess 5:17 - OAV)

Dra mekaar se laste

18/10/2017

 
Picture

Ons leef in ’n uiters kompeterende wêreld. Die houding vir oorlewing is: “Elkeen vir homself.” Pas op, dit is ’n doodloopstraat dié!

Ons het mekaar nodig. In Galasiërs 6:2 word ons juis bemoedig om mekaar se laste te dra.
​
In jou lewe is daar tye dat jy ander moet bystaan en daar is tye dat jy bygestaan moet word. Dit maak nie saak waar jy jouself bevind nie, Jesus nooi jou om jou laste vir Hom te gee, jy kan Hom daarmee vertrou:
​Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is ...  (Matteus 11:28).

Donderstorms

11/10/2017

 
Picture
Daar was die afgelope jaar verskriklike storms regoor die wêreld. Ons het veral gehoor van die orkane wat deur die Karibiese eilande, sowel as Sentraal- en Noord-Amerika geploeg het. Daar het selfs die afgelope week ’n tornado oor die Wes-Rand verwoesting gesaai.

Op verskeie tye in jou lewe, miskien selfs nou, gaan jy ook deur stormtydperke.

Jesus se dissipels het hulleself ook in ’n hewige storm op see bevind.

In Markus 4:35-41 lees ons ook van Jesus self en sy dissipel wat in die middel van ’n hewige storm op see was.

Ons leer twee dinge uit hierdie verhaal: eerstens dat Jesus saam met jou in jou storm is en tweedens dat Hy die een is wat dit laat bedaar.
​
Vertrou Hom want Hy is in beheer en soek jou vrede in Hom!

Wys wat jy glo

20/9/2017

 
Picture
In Amos 6:12 word ons met twee ongemaklike vrae gekonfronteer: Kan ’n perd oor ruwe rotsrante galop? Is dit moontlik om met ’n span osse die see om te ploeg?  ’n Mens se aanvoeling is tog dat dit heeltemal onmoontlik is, dit grens aan absurditeit!

Net so absurd, sê die Woord, is dit om te sê dat jy glo, maar jou dade spreek van die teendeel:
Wat help dit ... as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so ’n geloof ’n mens red? ... So gaan dit met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood (Jakobus 2:14,17).
Die manier waarop ons as Christene lewe en teenoor ander mense optree, is uiters belangrik. Wys wat jy werklik glo .... en in Wie jy glo!

Vlieg jy op arendvlerke?

13/9/2017

 
Picture
Ons leef in ’n tyd en plek waar mense baie besig is en dit veroorsaak moegheid op verskillende vlakke. Dalk is jy ook daar en voel dit vir jou of jou omstandighede jou oorweldig. In sulke tye is dit nodig om Jesaja se woorde ernstig op te neem:
Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie?
Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde.
Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik.
Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie.
Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat,
Selfs manne in hulle fleur struikel en val,
maar die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag.
Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie,
hulle loop en raak nie afgemat nie (Jesaja 40:28-31).
​Vertrou Jesus wanneer Hy almal wat moeg en oorlaai is, uitnooi om na Hom te kom, want Hy gee ware rus.

Herfokus

6/9/2017

 
Picture
Maak seker dat jy op die regte dinge fokus, want in ons konteks is dit so maklik om geld en rykdom na te jaag. Luister wat die prediker vir ons sê:
Mense wat geld liefhet, kry nooit genoeg daarvan nie. Mense wat van rykdom hou, is nooit tevrede met hulle inkomste nie (Prediker 5:10, Nuwe Lewende Vertaling).
In Matteus 6:19-21 leer Jesus ons dat daar waar jou skat is daar sal jou hart ook wees. Ons ware skat in hierdie lewe is ons verhouding met God. Hy is ons sekuriteit. Vertrou hom!

Vrede

30/8/2017

 
Picture
In 2 Tessalonisense 3:16 vind ons ’n treffende gebed met die woorde:
Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees! ​
Hoor mooi, ons Here is die bron van ware vrede. Maak hierdie gebed, waar ons lewe in ’n wêreld vol onrus en onsekerheid, jou eie deur te bid: ​
Mag U, Here, wat vrede gee, my altyd in alle opsigte vrede gee! Ek weet, U, Here, is altyd met my. Amen.

Gee jouself...

23/8/2017

 

​Ons leef in ’n prestasiegedrewe samelewing. Jy moet presteer om gereken te word. Selfs ons kinders leef onder geweldige druk; jy moet presteer voordat mense van jou kennis neem en van jou hou.


By ons Here is dit so anders. Hy sê:
Gee jouself as ’n heilige offer wat vir God aanneemlik is (Romeine 12:1).
Hy gee nie om wat jy bereik het, hoe blink jou persoonlikheid of hoe groot jou bankrekening is nie. Hy gee nie om of jy as ’n leier in die skool gereken word, of in die gemeenskap of by jou werk nie. Hy soek jou, soos jy is, met jou gebreke. Leef voluit vir HOM - wat ’n voorreg!
<<Previous

    Argief

    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    April 2015
    March 2015
    February 2015
    January 2015

    RSS Feed

DUXBURYWEG

Eredienstye:

Duxburyweg:
08:50 & 18:30
​

Ons glo dat dit Brooklyn Gemeente se roeping is om uit Hom, deur Hom en tot Hom te lewe.
​Daarom is dit ons strewe om God bo alles te eer, mekaar en ander te dien en dissipels te maak van Christus. 
  • Tuis
  • Administrasie
    • Finansies
    • Eiendomme
    • Projekte
  • Wie is ons
  • Ek is Nuut
  • Dien Saam
    • Aanbidding >
      • Erediens
      • Erediens Logistiek
      • Gebed
      • Musiek
      • Tegnies
    • Jeug >
      • Juventus
      • Katkisasie
      • Kleuterbediening
    • Toerusting >
      • Leer & Lewe
      • Groeigroepe
      • Ratio Christi
      • Midweekboodskap
    • Evangelisasie >
      • Kerkplant
      • Reformissio
      • Uitreike
      • El Shaddai Swazi
    • Meelewing >
      • Agapé
      • Barmhartigheid
      • Werksoekers
      • Begrafnis
      • Kosbank
      • Lief en Leed
  • Leef Saam
  • Preke
    • Regstreekse uitsending
    • YouTube
    • Nuutste Preke (MP3)
    • Preek Argief (MP3)
  • Inligting
    • Dra by
    • Attestate
    • Kommunikasie >
      • Kommunikasiebeleid
      • Hart & Hand
      • Kerkkalender
    • Personeel
  • Kontak ons
    • Liturgie
    • Regstreekse uitsending
    • Afkondigings
    • Barmhartigheid
    • Verslae
    • Doop
  • Foto kompetisie