Protesoptrede vir die #FeesMustFall-veldtog het ongelukkig oorgespoel tot geweld, vandalisme en intimidasie. Talle universiteite word erg ontwrig.
Emosies loop hoog na weerskante toe. Aan die een kant is daar dié wat sê dat geweld die antwoord is op die #FeesMustFall-veldtog. Aan die ander kant is daar dié wat kwaad is vir die geweldenaars en vandaliste. Wat albei groepe in gemeen het, is woede en wraak. Ook Christene word woedend. Dalk stoei jy ook met woede en wraakgedagtes aan die een kant, teenoor jou gewete wat jou aan die ander kant daaraan bly herinner dat “as julle kwaad word, moenie sondig nie …” (Efesiërs 4:26). Om regtig lig en sout vir Christus in hierdie omstandighede te wees, is baie moeilik. Ons bly egter daaraan gebind om anders as die wêreld op te tree in hierdie situasie. Daarom … “Moenie kwaad met kwaad vergeld nie” (Romeine 12:17) en “Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie” (Romeine 12:21). So moeilik as wat dit dalk vir jou mag wees, maak hierdie ’n persoonlike uitdaging om God hierin te gehoorsaam en bid om sy krag hierin. Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|