Dalk voel jy ook nou ver van God? Ook Christene raak maklik moedeloos omdat ons in ons huidige situasie vaskyk. Ons sien nie God se volle prentjie vir ons lewe nie. Luister na Paulus se woorde aan Timoteus: Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het weer moet aanblaas (2 Timoteus 1:6). Hoe kry ons dit reg om die vuur in ons weer aan te blaas? Staan ’n oomblik terug en kom opnuut onder die indruk van die evangelie van hoop en God se diepgewortelde genade in jou lewe. Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|