• Vader, vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie (Lukas 23:34).
• Ek verseker jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees (Lukas 23:43). • Daar is u seun. Daar is jou moeder (Johannes 19:26, 27). • My God, My god, waarom het U My verlaat? (Matteus 27:47). • Ek is dors (Johannes 19:28). • Dit is volbring (Johannes 19:30). • Vader, in U hande gee Ek my gees oor (Lukas 23:46). Ek hoor vanaf ’n kruis woorde van vergifnis; ek hoor genade; ek hoor liefde en omgee; ek hoor helle angs; ek hoor swaarkry; ek hoor oorwinning en in die laaste kruiswoord hoor ek woorde van vrede ... Jesus gaan na sy Vaderhuis toe! Meer as dit, Hy berei deur sy sterwe ook vir jou en my die weg na ons Vaderhuis. Het Hy nie immers self belowe dat Hy vooruitgaan na die Vaderhuis om vir ons daarin woonplek te gaan voorberei nie? En wanneer daardie hemelwoning in gereedheid gebring is, dan kom Hy ons self haal (Johannes 14:1-4). Jesus se dood het aan jou en my dood ’n nuwe betekenis gegee: “Ons gaan huis toe!” Juis dit is wat ons in hierdie week van hemelvaart saam gedenk. Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|