Drie kruise op Golgota-koppie. Drie gekruisigdes in gesprek te midde van die onmenslike pyn van mishandeling - aan die buitekant twee gruwelike politieke misdadigers, van die laagste tipe in die samelewing. Eers spot hulle al twee met die middelste kruis. Die middelste kruis swyg.
Skielik verander die een misdadiger se gesprek soos handomkeer. ’n Belydenis volg: Hy, aan die middelste kruis gespyker, is onskuldig! Dan ’n gebed: “Jesus, dink aan my wanneer U in die koninkryk kom.” Onbeskryflik klink die woorde van die Verlosser: “Ek verseker jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees” (Lukas 23:43). Voel jy soms dalk ook so laag, vuil en sondig soos die misdadiger aan die kruis? Geen sonde is te groot om vergewe te word nie! Bely jou sonde eerlik teenoor jou Verlosser en glo die verklaring van Hom wat aan die middelste kruis vir jou gesterf het: Vandag, saam met My in die paradys! Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|