Galasiërs 5:22
God is liefde. In 1 Johannes 4:10 staan: “Werklike liefde is dit: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.”
Uit Hom wat die bron van liefde is, vloei ons liefde vir ander voort. Liefde is ’n werkwoord wat God in jou hart plant om die mense om jou se lewe te verryk. Liefde is geduldig, vriendelik, nederig, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie eie belang nie, is nie liggeraak nie en hou nie boek van die kwaad nie (kyk 1 Korintiërs 13). Lê jou daarop toe om in God se liefde te leef en dit uit te leef. Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|