Elkeen van ons ken seerkry en moeilike omstandighede en uit daardie plek van seer het ons baie keer vrae - vrae soos: Hoekom kan dit nie net goed gaan met my of die mense naby aan my nie?
God kom wys ons in Psalm 73 die ware betekenis van wat voorspoed is, maar nog meer as dit, Hy kom wys ons waar ons troos en vashouplek is in tye van seer en nood (Psalm 73:23): Tog was ek nog altyd by U, want U vat my aan die hand. In ons tye van seer en nood los God nie sy kinders alleen nie. Ons het ’n Vader wat ons vashou, ’n Vader wat ons deur die lewe dra. Dit is die boodskap van troos en bemoediging in tye van seer. En met daardie troos kan ons vir die wêreld vertel: Dit is vir my goed om naby God te wees! Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ek help jou (Jesaja 41:13). Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|