Skielik is universiteitsonrus weer voorbladnuus. #Feesmustfall is op almal se lippe en plek-plek begin vuiste selfs swaai.
Aan die een kant is daar mense wat deur dié veldtog gratis hoër onderwys wil ontvang. Aan die ander kant is daar die realiteit van tersiêre opleiding wat peperduur is. Menslikerwys gesproke, bly die bekommernis oor waar hierdie twee partye mekaar gaan vind. Tog ironies dat die grootste skat dikwels misgekyk word. Ons hoef nie te toi-toi of te baklei vir Jesus se redding nie, dit kom juis gratis uit die oorvloed van God se liefde. Omhels hierdie gratis geskenk van redding wat jy sonder verdienste ontvang het en deel jou dankbaarheid met diegene rondom jou want: … julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet (Matteus 10:8). Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|