Eerlike gesprekvoering is nodig vir enige verhouding om te groei. Ook ons verhouding met God. Gebed is daarom om God self teë te kom. Angs, vrees en stres is deel van baie mense se daaglikse lewe. Tussen oorlaaide skedules en vol programme vind jy dalk min rus. Die goeie nuus is dat die Here Jesus jou behoeftes ken en weet wat vir jou goed is. Dit beteken jy kan Hom met ’n oop gemoed nader, want Hy blus die vuur van angs.
Luister as God vandag vir jou sê: Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus (Filippense 4:6-8). Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|