Soms voel die Here net ver. Dit kan wees weens skuldgevoel, sonde, ’n besige lewe of swaarkry. Hierdie dinge is soos melaatsheid wat afstand bring en dan voel dit of God jou verwerp.
Luister egter wat doen Jesus: ’n Melaatse man kom kniel toe voor Hom en sê: ‘Here, as U wil kan U my gesond maak.’ Toe steek Jesus sy hand uit, raak hom aan en sê: ‘Ek wil. Word gesond!’ (Matteus 8:2-3). Maak nie saak hoe ver verwyderd God vir jou voel nie, sy genade is ook vir jou net ’n aanraking ver. Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|