Om by die Here te skuil, is beter as om op mense te vertrou (Psalm 118:8). Sommige mense sê dat Psalm 118 die middelste hoofstuk van die Bybel is. Die eintlike vraag wat Psalm 118 na vore bring, is: Is God die middelpunt van jou lewe?
Baie mense verwerp Jesus as die hoeksteen, terwyl Hy eintlik die belangrikste plek in ons lewe behoort te neem. Hy is immers God se goeie nuus in elke deel van ons lewe. Wanneer jy raaksien dat God jou middelpunt is, kan jy rustig by Hom skuil eerder as om op mense te vertrou. En dit is die middelste vers van die Skrif. Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|