Genesis 1:1 en 26-27
Die lewe het nog nooit oor jou gegaan nie - nooit ooit nie. God het die mens (dus ook vir jou) geskep om ’n voorstelling van Hom te wees. Die mens (ook jy) moet bydra tot die heerlikheid van God soos ’n kunswerk bydra tot die roem van die kunstenaar. God en sy wonderlike karakter moet die eerste wees waaraan iemand dink wat jou sien. Vandag is mense gemik op hulleself en hul eie roem en eer. Begryp dat die lewe oor ’n groter realiteit as jyself gaan en dat hierdie God sy eie Seun prysgegee het om in ’n lewende verhouding met jou te wees. Jy is vir Hom onsettend kosbaar. Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|