Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie! (Lukas 23:34). Dit was Jesus se eerste woorde nadat Hy aan die kruis vasgespyker is. Aangrypend! Ons Here bid nie eerste vir Homself vir krag of uitkoms nie – dit volg later ... Hy begin by wat vir Hom die heel kosbaarste van alles is, naamlik hulle wat aan Hom behoort, sy kinders. Vergewe hulle ... ja, vergewe óns, want moes Jesus nie vir óns sonde kom betaal het deur aan ’n vervloekte kruis te kom sterf het nie? Dink daaraan waar ons die Paastyd nou binnegaan: Sy liggaam is gebreek ... sy bloed het gevloei tot volkome versoening (vergewing) van al ons sonde. Dankie Here, dat ek mag glo aan die vergewing van sonde.
Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|