JESUS SE SESDE KRUISWOORD
Dit is volbring (Johannes 19:30). Dit was Jesus se voorlaaste woord aan die kruis voordat Hy sy laaste asem uitgeblaas het. Dit was geen versugting van sy kant nie, maar ’n uitroep van triomfantlike oorwinning! In Grieks is dit net ’n enkele woord: Tetelesthai, maar in betekenis aangrypend ryk. Dit was in Jesus se tyd ’n bekende finansiële term wat verwys het na twee dik parallelle strepe wat deur ’n skuldbrief getrek is en waartussen geskryf is: “Hierdie skuld is ten volle betaal.” Wanneer Jesus hierdie woord uitroep, dan verklaar Hy dat Hy ten volle betaal het vir al ons sonde: Hy het die skuldbrief teen ons ... uitgedelg ... deur dit aan die kruis vas te nael (Kolossense 2:14 – Ou Afrikaanse Vertaling). Aanvaar Jesus se betaling van jou sonde en leef met dankbare oorgawe vir jou Here! Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|