JESUS SE VIERDE KRUISWOORD
Toe word dit skielik helder oordag stikdonker - ’n doodse anderse donkerte as gewone nag. Dit is twaalfuur, ’n Vrydagmiddag, in aanloop tot die Paasfees. Omstanders by die drie kruise op Golgota wonder oor die betekenis van hierdie dinge. Aan die middelste kruis worstel Jesus met satan. Pynlik, intens ... Hy weet dat hierdie skrikwekkende donkerte God se oordeel oor mensesonde is waarvoor Hy moet betaal. Teen drieuur die middag weerklink ’n stem van wanhoop en angs: “My God, My God, waarom het U My verlaat” (Matteus 27:47). Deur God verlaat! Dít was Jesus se betaling vir jou sonde sodat jy met die sekerheid mag leef: Nooit sal ek ooit deur God verlaat word nie. Dank Hom vir Jesus se betaling van sonde ... Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|