Ek het dors (Johannes 19:28). Só hoor ons ons Here prewel aan die kruis, kort nadat Hy tevore uitgeroep het: My God, My God, waarom het U My verlaat? In hierdie versugting (in Grieks is dit net die enkele woord dipso) hoor ons seer en swaarkry in sy uiterste vorm. Dit was my Here vir my! Dit was my tong wat aan my verhemelte moes vaskleef, ek wat vir ewig helledors moes ly, maar Hy het in my plek gely. In ons eie seer en swaarkry hoor ons die liefdevolle uitnodiging: Kom na My toe, almal wat dors is ... Ek lei jou na stille waters waar daar rus is ... Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|