Die Bybel is God se Woord, oftewel, God wat met jou praat. Hy praat nie net sommer omdat praat praat is nie! In 1 Johannes 5:13 gee Hy self die rede vir sy besondere openbaring aan die mens. Dit is naamlik die Blye Boodskap: “sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo”. In sy Woord vertel Hy ons van die skepping, hoe ons in sonde geval het en hoe verlore die mens sonder Hom is. Die Woord is die Blye Boodskap van Jesus wat vir ons sonde betaal het en dat Hy met ons op pad is na die ewige lewe. Lees hierdie Blye Boodskap, glo dit, leef daarvolgens en vertel ander daarvan ... wie weet, dalk is jou voorbeeld vir ander die enigste Bybel wat hulle al gelees het. Mag ander in jou iets van die Blye Boodskap raaksien en God aanbid. Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|