Musiek bestaan uit verskillende note: Dit is net soos met lewelose instrumente wat ’n klank afgee, soos ’n fluit of ’n siter. As daar nie klankverskille is nie, hoe sal ’n mens weet wat op die fluit of die siter gespeel word? (1 Korintiërs 14:7) Jy het verskillende note nodig om die eenheid van ’n lied te vorm. Net so gee die Here vir sy kinders verskillende gawes om mekaar te dien. Ons vorm immers saam die simfonie van Christus. Soos wat jy ander nodig het, het ander jou nodig. Dit is deur mekaar te dien dat ons saam in die Here groei. Jesus het self gesê: Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang (Handelinge 20:35). Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|