Handelinge 9:19-20 Paulus was besig om die kerk te vervolg toe hy ’n kop-aan-kop-botsing met Jesus gehad het. Dit het radikale gevolge gehad, want voordat hy sy oë kon uitvee, is hierdie vervolger ’n volgeling. Nadat hy met Christus se genade en liefde oorweldig is, het hy “dadelik in die sinagoges begin verkondig dat Jesus die Seun van God is”. Dit beteken dat jou (miskien duistere) verlede nie teen jou hoef te tel nie, want Jesus gebruik jou nou. God slaan ook met ’n krom stok ’n reguit hou. Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|