Psalm 117 is die kortste hoofstuk in die Bybel - dit bestaan net uit twee verse:
[1] Prys die Here, alle nasies, loof Hom alle volke, [2] want sy liefde vir ons is sterk, aan die trou van die Here is daar geen einde nie! Prys die Here! Dit begin, in die ou Hebreeus met “Halleluja” en eindig ook weer daarmee. Die hele Psalm is met ander woorde in sy geheel ’n uitroep wat sê: “Halleluja, Prys die Here” want: · Sy liefde vir jou is sterk. Letterlik staan daar met groot nadruk: “geweldig” is sy liefde vir jou. Dit is eenvoudig onweerstaanbaar, daar is niks daarteen bestand nie, ja, dit is soos ’n tsunami wat oor jou spoel. Sy liefde vir ons sien ons in Jesus Christus: “geen dood of lewe of engele of bose magte of teenswoordige of toekomstige dinge of hoogte of diepte of enige iets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here” (Romeine 8:38 ev). · Aan sy trou is daar geen einde nie. Teenoor die onbetroubaarheid van die mens, kan jy die Here volkome op sy Woord neem! Wat Hy sê en wat Hy beloof, staan vas. Glo Hom wat beloof dat Hy jou lief het en betroubaar is en loof en prys Hom vir sy goedheid! Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|