Ons damme is leeg, ons politiek is deurmekaar, ons strate brand en ons studente is moedeloos. Die vraag waarmee ons worstel, is: hoe ver nog? Dit wat jy oor die toekoms glo, bepaal hoe jy vandag reageer. Glo wat God sê oor die toekoms. Sien raak dat daar ’n groter realiteit is as die chaos van nou. Alles draai om geloofsperspektief: Ons weet dat, wanneer ons aardse woning wat maar ’n tent is, afgebreek word, ons ’n vaste gebou in die hemel het. Dit is ’n woning wat nie deur mense gemaak is nie, maar deur God, en dit bly ewig staan ... Maar, of ons hier woon of daar woon, ons het net een wens, en dit is om te lewe soos Hy dit wil (2 Korintiërs 5:1 en 9). Al is dit vir jou ook moeilik, leef hierdie geloofsperspektief uit! Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|