Net ’n kwart van die Vaaldam is tans vol water; waterbeperkings is ’n realiteit en sommige dorpe het glad geen water nie. Dié droogte is een van die ergstes in dekades in Suid-Afrika.
’n Droogte is een van die uitmergelendste vorms van swaarkry. Dit het ’n depressiewe uitwerking op die hele gemeenskap. Begin jy ook al hoe meer bekommerd en desperaat raak soos wat jy wag op uitkoms? Ons weet almal dat ons land nie nog so ’n droë jaar kan hanteer nie. Daarom kan ons nie genoeg bid dat ons Here vir ons uitkoms gee nie. Nog erger as die werklikheid van ons land se droogte, is ’n geestelike droogte, ’n lewe sonder God: “Soos ’n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. Ek dors na God, na die lewende God” (Psalm 42:2 en 3). Met hierdie woorde herinner die Psalmdigter ons elkeen daaraan om bo alles te smag na die lewende God. Jesus sê: “As iemand dors het, laat hy na my toe kom en drink” (Johannes 7:37). Sien in die droogte jou geestelike nood raak en laat Jesus hierdie dors les! Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|