LoslitdagDie aanbreek van lente gaan in Suid-Afrika altyd gepaard met Loslitdag. Vanjaar vier ons dit op Vrydag 2 September wanneer ons in besonder daarop fokus om ’n vreugdevolle verskil te maak in die lewe van mense met gestremdhede. In hierdie bedeling leef ons in die “winter” waarin daar nog baie swaar en seer en waarom-vrae is. Die goeie is egter dat ons ook leef met die belofte van ’n permanente lente wat eendag gaan aanbreek:
Toe sê Hy wat op die troon sit: Kyk, Ek maak alles nuut (Openbaring 21:5). Daarom kan ons saam met Paulus getuig: Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie (Romeine 8:18). Reik hierdie week uit met Jesus se liefde na mense wat beperkinge het en leef met die sekere wete dat jy ’n voorsmakie is van die permanente lente wat kom. Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|