Dalk word jy ook soms so vasgevang in die rat race dat jy van God vergeet. Hy vergeet nooit van jou nie. Sonder dat jy dit besef, is Hy elke oomblik besig om vir jou te bid, besig om jou te beskerm en besig om met jou te praat.
Ons elkeen het tyd nodig om waarlik te luister en te praat. Jesaja gebruik ’n mooi beeld om God se betrokkenheid in jou lewe te beskryf: Die reën en die sneeu kom uit die hemel uit en dit gaan nie daarheen terug nie maar deurweek die aarde en laat die plante bot en vrugte dra, sodat daar saad is om te saai en brood om te eet. So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het (Jesaja 55: 10 en 11). Lê jou dus daarop toe om opreg te luister na wat die Gees vir jou sê (Openbaring 3:6). Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|