Ons bid so maklik vir mense in moeilike omstandighede en dit is reg. Daardeur begryp ons God is ons hulp en ons is afhanklik van Hom. Om egter net in moeilike omstandighede vir mekaar te bid is ’n verskraling van ons gebedslewe. In Kolossense 1:9-11 leer die Gees ons om vir mekaar te bid sodat ons “tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang”. Daag jouself hierdie week uit om nie net vir jouself nie, maar ook vir iemand naby aan jou ernstig te bid om voluit vir Jesus Christus te lewe. Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|