Het jy onlangs ’n sonsopkoms gesien? Die skoonheid en prag van ’n nuwe dag is ’n merkwaardige geskenk wat ons elke oggend kan geniet.
Dit laat ons telkens besef dat God die gewer is van alles wat mooi is: Dit is nie aan die mens self te danke dat hy kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet nie. Ek het ingesien dat dit ’n gawe uit die hand van God is (Prediker 2:24). Besef jy dat bo en behalwe die dinge wat Hy vir ons in hierdie lewe gee om ons te versorg, Hy ook liefde, verhoudings, geloof en bo alles die geskenk van Christus gee. Sien raak, waardeer, beleef en wees dankbaar vir wat God vir jou gee: So ’n mens dink skaars na oor wat in sy lewe gebeur, so vol is hy van die blydskap wat God gee (Prediker 5:19). Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|