Niemand hoef jou daarvan te oortuig dat ons in ’n stukkende wêreld leef nie. Dalk is jy vandag ernstig bekommerd oor die vraag of jy en jou geliefdes dit in die toekoms gaan maak. Die geweld, korrupsie en die dreigende resessie is genoeg om ’n mens moedeloos te laat voel. Luister wat sê ons Here vandag vir jou: ’n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie, ’n lamppit wat dof brand, sal hy nie uitdoof nie … (Jesaja 42:3). In hierdie woorde lê die troos dat God eenmaal sy Seun in ons plek verwerp het, sodat ons mag lewe in die belofte dat Hy ons ook op hierdie moeilike pad nooit alleen sal los nie. Vertrou Hom daarin! Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|