Dit gaan goed met dié wat onberispelik lewe, dié wat wandel volgens die woord van die Here ... Hoe kan ’n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u woord! (Psalm 119:1 en 9).
Wat behels ’n sinvolle lewe? Mense wonder gedurig oor die sin van hul lewe. Psalm 119 sê ’n sinvolle lewe is een wat saam met God geleef word - dag vir dag en tree vir tree. In die gejaagde wêreld van vandag is dit ’n uitdaging en die enigste manier is om jou te hou aan God se Woord. Mag ek en jy vandag saam met die digter getuig: “Weerhou my van ’n nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys” (Psalm 119:37). Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|