Ons Here Jesus het gesterf – dit is wat ons op ‘Goeie Vrydag’ in herinnering geroep het. Op ‘Paassondag’ het ons sy opstanding uit die dood gedenk. Verlede week het ons sy hemelvaart gevier. Nou staan ons voor ‘Pinkster’, die uitstorting van die Heilige Gees.
Beteken dit ons Here is dan nou weg? Het Hy nie voor sy hemelvaart beloof dat Hy altyd met ons sal wees nie en dat Hy ons nie wees hier op aarde gaan agterlaat nie? Het die Heilige Gees Hom as’t ware hier by ons vervang? Luister wat beloof ons Here ons in Johannes 14:16-18. Die Heilige Gees is die ander Trooster wat nie net by ons nie, maar in ons woon. As ander Trooster vervang Hy nie vir Jesus nie – nee, Hy kom by! Jesus bly steeds ons Trooster waar Hy in die hemel vir ons pleit. Ons het dus nou twee Troosters – Jesus wat in die hemel vir ons intree en die Heilige Gees wat ons hier op aarde in ons swakheid bystaan. Dit is die kragtige inhoud van Pinkster. Jy is nooit ooit alleen nie! Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|