Die datum 31 Oktober word op ons Christelike jaarkalender aangedui as “Hervormingsdag”. Dit neem ons terug in die geskiedenis na 1517 toe Martin Luther sy 95 stellings van die waarheid uit Gods Woord teenoor die dwalinge van die destydse Rooms-Katolieke Kerk aan die houtdeur van die slotkapel by Wittenberg gespyker het.
“Terug na die Woord van God” (Johannes 17:17) is waaraan ons die heeltyd herinner word. Die Reformasie is egter nie bloot ’n gebeurtenis uit die verlede waaraan ons as Christene in hierdie tyd terugdink nie. Ware Reformasie is ’n aktiewe werkwoord wat elkeen van ons elke oomblik raak! In Efesiërs 4:1 word ons daartoe opgeroep dat ons lewenswandel in ooreenstemming moet wees met die roeping wat ons van God ontvang het. Ons is Christene ... laat ons elke oomblik onder alle omstandighede oral die naam “Christen” waardig wees deur te leef soos ons Here Christus dit van ons verwag. Ons het die waarheid van die Woord van God ... laat dit die lig wees op ons pad (Psalm 119:105). Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|