Quo Vadis?Ons petrol is op – konsternasie in die hoenderhok. Die verkiesingsuitslae lê voor - vir tallebring dit geweldige spanning. ‘Studente’-dreigemente klink harder en harder: “Fees mustfall!”
Ondertussen gaan die lewe voort. Saam met groot dankbaarheid, vreugde en vrede, is daarook ongekende hartseer, onsekerheid en pyn. ’n Wolk van swaarmoedigheid hang oor baie. Ons Here staan nie eenkant weg en beskou ons lewe vér van ’n afstand af nie. Gaan lees gerus Psalm 37 en glo ons Here as Hy sê dat jy jou nie moet ontstel en kwel oor dingewaaroor jy nie beheer het nie: Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Vind jouvreugde in die Here ... laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg (Psalm 37:3-5). Vertrou Hom, ja, vertrou Hom alleen! Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|