Lukas 23:34
Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie! Dit is aangrypend om te dink dat Christus besig was om te bid vir mense wat Hom uit haat aan ’n kruis vasgespyker het. Gedryf deur sy liefde vir die mens bid Hy om vergifnis wetende dat dit Hom sy lewe gaan kos. Wanneer Hy bid dat die Vader hulle moet vergewe, dan bid Hy dat hull tot die volle besef sal kom dat hul skuld betaal is om daardeur met God versoen te word. Hieraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê (1 Johannes 3:16). Begryp jy dat dit ook waar is vir jou? Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|