Vanuit die tronk skryf Paulus aan die gemeente in Filippi: “Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle! Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby” (Filippense 4:4 en 5).
Die een wat sy vreugde in Jesus Christus vind en begryp dat God naby is, is ’n vriendelike mens. So iemand laat nie toe dat die omstandighede van die tyd hierdie vrug van die Gees aantas nie. Moet nie toelaat dat die gebeure in ons samelewing jou lei om ongeskik te wees met of teenoor ander nie. Moet nie dat dit jou vreugde steel nie, want dit verander nie Jesus se teenwoordigheid in jou lewe nie. Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|